Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kerkhof
kerkhof [boodskap #136975] Sa, 19 Junie 2021 09:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kerkhof
Afbreking: kerk•hof
Samestelling: kerk + hof


Selfstandige naamwoord: kerkhof
Meervoud: kerkhowe
Verkleinwoord: kerkhoffie
Meervoud van verkleining: kerkhoffies

Betekenis:
• Terrein waar oorledenes begrawe word.

Gebruik:
• Talle inwoners het gekla oor die verwaarloosde toestand van die kerkhof.

Spreekwoord:
• Hy fluit by die kerkhof. [Jouself moed en vertroue probeer inboesem.]

Sinoniem:
• begraafplaas
• begraafplek
• dodeakker

Afgelei:
• kerkhofkapel
• kerkhofsblom
• kerkhofsipres

Vertaling:
Engels: churchyard, cemetery, graveyard
Nederlands: kerkhof

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kef
Volgende onderwerp: Kersfees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 21:55:25 MGT 2024