Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Sjinees
Sjinees [boodskap #136244] So, 11 April 2021 10:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sjinees
Afbreking: Sji•nees
Uitspraak: /ʃiˈniə̯s/


Selfstandige naamwoord: Sjinees
Meervoud: Sjinese
Verkleinwoord: Sjinesie
Meervoud van verkleining: Sjinesies

Betekenis:
• Persoon wat in Sjina woon of van daar afkomstig is.

Gebruik:
• Die Sjinees het in die middel van die Leeupark uitgeklim om foto's te neem.

Wisselvorm:
• Chinees

Hiperoniem:
• Asiaat

Vertaling:
Engels: Chinese, Chinaman
Nederlands: Chinees
Zoeloe: iShayina, umShayina, uNoklinsi


Selfstandige naamwoord: Sjinees
Meervoud:

Betekenis:
• Enige van die tale en dialekte van Sjina (soos Gan, Hakka, Hoenannees, Kantonnees, Mandaryns, Noord-Min, Suid-Min en Woe).

Gebruik:
Sjinees is die taal wat deur die meeste mense op aarde gepraat word. Kan jy Sjinees na Afrikaans vertaal?

Sinoniem:
• Sinities

Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees


Byvoeglike naamwoord: Sjinees
Attributief: Sjinese

Betekenis:
• Van, uit, betreffende Sjina of die mense van Sjina.

Gebruik:
• Die Groot Sjinese muur is meer as 21 duisend kilometer lank.

Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tabberd
Volgende onderwerp: Chinees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 12:12:59 MGT 2024