Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konflik
konflik [boodskap #136038] Ma, 22 Maart 2021 14:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konflik
Afbreking: kon•flik


Selfstandige naamwoord: konflik
Meervoud: konflikte
Verkleinwoord: konflikkie
Meervoud van verkleining: konflikkies

Betekenis:
• 'n Botsing tussen partye met onversoenbare doelstellings.

Gebruik:
Konflik, veral gesonde konflik, is normaal en soms ook noodsaaklik.

Sinoniem:
• antagonisme
• botsing
• dispuut
• dwarstrekkery
• geskil
• konfrontasie
• magstryd
• meningsverskille
• onenigheid
• onmin
• oorlog
• skermutseling
• struweling
• stryd
• stryery
• tweestryd
• twis
• vete
• wrywing
• worsteling

Afgelei:
• konflikhantering
• konflikoplossing
• konfliksituasie
• konflikvermyding

Vertaling:
Engels: conflict
Nederlands: conflict

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ironies
Volgende onderwerp: desibel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:32:52 MGT 2024