Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » faset
faset [boodskap #135979] Wo, 17 Maart 2021 14:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die fasette waarvolgens diamant en ander edelgesteentes geslyp word.
Die fasette waarvolgens diamant en ander edelgesteentes geslyp word.
faset
Afbreking: fa•set
Uitspraak: /faˈsɛt/


Selfstandige naamwoord: faset
Meervoud: fasette
Verkleinwoord: fasetjie
Meervoud van verkleining: fasetjies

Betekenis:
• 'n Vlak of sy van 'n veelvlak (soos een van die geslypte oppervlaktes van 'n gesteente).
• (figuurlik) Die verskillende kante van 'n saak.

Gebruik:
• Die diamant het 58 fasette.
• Die misbruik van dwelms is net een faset van 'n veel groter probleem.

Sinoniem:
• aspek
• deel
• eienskap
• perspektief
• sy
• vlak

Vertaling:
Engels: facet
Nederlands: facet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gestalte
Volgende onderwerp: onbekend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 14:58:07 MGT 2024