Ge Korsten Flieks [boodskap #14412] |
Vr, 08 Mei 1998 00:00 |
Daniel
Boodskappe: 68 Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dag almal,
In die sewentigs het ons na flieks gekyk waarin Ge Korsten gespeel het; een
was "Hoor my lied" as ek reg onthou. Nou wonder ek of daar nie iewers is
waar mens die flieks op video kan koop nie. Sal lekker wees om weer die ou
goete te sien. My eerste liefde was die meisie (Marietjie was haar naam
dink ek) wat die ondersteunende rol in Hoor my Lied gespeel het . ;)
Seker 'n teken ek word oud.
Baie groete
Danie
dan...@doctor.com
NS. Enige CD winkel in SA wat Afrikaanse musiek verkoop op die internet?
|
|
|
Re: ge korsten [boodskap #31289 is 'n antwoord op boodskap #14412] |
Sa, 03 Junie 2000 00:00 |
boer...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink dis Rina Hugo
Willy Verplan wrote:
> Is daar iemand die weet met welke sangeres Ge Korsten saam 'n opname gemaak
> het begin 90's ?
>
> Willy
|
|
|
Re: ge korsten [boodskap #31290 is 'n antwoord op boodskap #14412] |
Sa, 03 Junie 2000 00:00 |
Inga Van Meerbergen V
Boodskappe: 12 Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dit behoort Rina Hugo te wees. Ek het 'n pragtige CD "RINA EN GÉ" uit
Suid-Afrika saamgebring. Dis vervaardig in 1993.
Dis vir my een van die mooiste Afrikaanse CD's wat ek het. Een van die
liedjies wat hulle sing, "Seisoene" is op die musiek van een van ons
mooiste Vlaamse volksliedjies: "In de stille Kempen" van Armand Preud'homme.
Met Vlaamse groeten,
Inga
Willy Verplan heeft geschreven in bericht
...
> Is daar iemand die weet met welke sangeres Ge Korsten saam 'n opname gemaak
> het begin 90's ?
>
> Willy
>
|
|
|