Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vergifnis as foltertang
Vergifnis as foltertang [boodskap #14211] Do, 30 April 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> "Leendert van Oostrum" skryf:
>
>
>> Jy sien, die
>> psigologiese (en religieuse) funksie van vergiffenis trek net op die een wat
>> vergewe
>
> Pispraatjies. Psugologies is vergifnis uiteraard gesetel in interaksie. Daar
> moet ten minste twee objekte betrokke wees, geeneen van wie onaangeraak bly
> deur die vergifnisdaad of die gebrek daaraan nie.

Dit sou beteken dat dit onmoontlik is om een wat reeds dood is te vergewe.
Daarmee word die verontregte vir ewig vasgeketting aan die onreg - geen
verlossing is moontlik nie.

Dit beteken dat dit onmoontlik is om 'n oortreder wat onboetvaardig is te
vergewe. Daarmee word die verontregte onderwerp aan die mag van die
onboetvaardige oortreder.

As jy sê "vergifnis is onmoontlik sonder belydenis" moet jy onderskei tussen
die oortreder en die verontregte - die verontregte kan, psigologies,
waarskynlik nooit vergiffenis wat aangebied word aanneem sonder opregte (en
onvoorwaardelike) belydenis nie. Hiermee is jy waarskynlik reg.

Die omgekeerde is nie waar nie. Die verontregte het die mag om die oortreder
te vergewe en homself te suiwer van sy wrok. Dit is sy keuse, ongeag die
optrede van die oortreder.

> Self in die religeuse
> vergifnis word daar nog altyd van jou gevra om eers iets te doen - te bely.
> Weer eens wisseling tussen twee entiteite, geeneen wat deur die blote daad of
> gebrek daaraan onveranderd gelaat word nie (hemel of hel, onthou).

Ook hier sou dit beteken dat God nie kan vergewe sonder die belydenis van
die sondaar nie. Ek vermoed dat die Kerk van Rome hierdie standpunt huldig.
Ek kan dit nie glo nie, want dit sou beteken dat God nie almagtig is nie.
Dit sou beteken dat God gebonde is aan die sondige wil van die skepsel.

Hierdie punt is nie bloot 'n teologiese argument oor engele op die kop van
'n naald terwyl die Turke aan die poorte is nie. Dit het al ingrypende
gevolge gehad in baie lewenssfere:

Die Petruskatedraal in die Vatikaan is, verneem ek, gebou met die opbrengs
van aflaatbriewe wat belydende gelowiges van die agente van die Kerk gekoop
het. Hoe dit ookal sy, dit was juis die sosiale misbruik deur die Kerk van
boetedoening ("penance" noem jy dit) wat die kern uitmaak van Luther se 95
stellinge en wat tot gevolg gehad het die Reformasie en die massiewe impak
wat dit op die geskiedenis gehad het - religieus sowel as sekulêr.

In die middeleeuse regspleging het die beginsel wat jy aanhang gelei tot die
standpunt dat 'n vonnis (veral die doodsvonnis) nie voltrek mag word voordat
die veroordeelde sy skuld bely het nie - sodat God in staat gestel word om
hom te vergewe. Die onsterflike siel van die veroordeelde sou dus nie op die
gewete van die regters of die beuel rus nie.

Die vereiste dat 'n veroordeelde moet bely het die gevolg gehad dat
marteling ingestel is as geregvedigde metode om die nodige blydenis te
verkry.

Jy sien, "Sizwe", die kwessie van belydenis en vergiffenis is nie bloot een
van opinie nie. Daar is wesenlike dinge ter sprake. En dan durf jy
vervolgens praat van bangmaak!:

>
> Jou pos laat my bang en ongemaklik - hierdie laaste twee meer so as ander. Jy
> is die persoon wat kwaad met 'n bowtie en versiersuiker opdis; die een wat
> intellektuele geldigheid verleen aan apartheid of afsonderlike
ontwikkelling

Jy sien, Sizwe: Jy stop my in 'n hok wat jy uit valse lasterpraatjies,
skimpe en die smart van ander konstrueer. Met Gloudina saam gaan jy voort en
por my met 'n stok om te kyk in watter ringting spring ek.

Dit maak my egter nie bang nie. Die bring my arrogansie uit. Onder die
omstandighede sal ek die keuse uitoefen om my dansie in 'n bow tie en tux te
doen, dankie.

Ek sal verder gaan en jou tart in jou skynheiligheid. Ek sal die ding doen
wat jy die minste verwag - ek sal vir jou 'n preek afsteek oor moraliteit,
ek sal aan jou gewete por.

Die Kaapse skollies is meesters van hierdie tegniek. Jy behoort dit te
herken.

> Justus Tshungu rondkarwei as bewys daarvoor dat dit tog in almal se belang is;
> die een wat wys na mense soos jakes gerwel of miriam makeba en se dat ALMAL bo
> hul situasies kan uitstyg sodat slagoffers wesenlik maar net hulself te blameer
> het en nie social policy nie;

Hmmm.... Enersyds praat jy van Buchenwald, Rwanda en die slawehandel.
Andersyds noem jy die name van van Tshungu, Makeba en Gerwel as individue
wat ek miskein sou kon voorhou as voorbeelde van mense wat bo hul
omstandighede uitgestyg het.

Ek stel dit aan jou dat Tshungu, Makeba en Gerwel op geen manier vergelyk
kan word met name wat uit die eerste kring kom nie - Victor Frankl,
Dietriech Bonnhoeffer, Corrie ten Boom. Jy kan hulle nie vergelyk ten
opsigte van die vlakke van waaragtige lyding wat hulle deurgemaak het nie.
Maar jy kan gerus ook kyk na hul standpunt oor vergiffenis - wat daadwerklik
verskil van joune.

Ek dink jy illustreer hier maar net weer hoe inhoudloos en deur histerie
gedrewe jou emosionele realiteit is.

> jy is die gemmiddelde "goeie landsburger" wat
> nie sy eie rassisme wil ondersoek nie en in hierdie onwillige stilte sy eie
> menslikheid en die van ander kruisig.

Ek is in lewendige en voordurende gesprek met my gewete - oor die kwessie
van rassisme, van my veertiende jaar af. Ek moes al herhaaldelik met hierdie
sake worste deur die jare, en my besluite en standpunte telkens heroorweeg.

Ek dink nie jy het al jou rassisme in die gesig gekyk nie.

> Frikkie RSA-boy is 'n doos, ek is banger
> vir mense soos jy.

Met reg ook. Frikkie sal jou nooit na jouself laat kyk nie. Hy sal jou
aandag gevestig hou op homself om te sien wat hy volgende gaan doen. Maar ek
sal jou 'n spieël wys. En anders as ek, wat al baie jare hierdie dinge in
myself ondersoek, sal jy miskien geskok wees in wat jy sien.

Jou vrees is dus gegrond.

>
> Laastens - Jou groete, Leendert, net soos jou argumente, lui hol en vals.

Die groete, "Sizwe", en die argumente, staan ten minste onder my eie naam.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Oos, Wes, Tuis bes? Nie altyd nie!
Volgende onderwerp: Not personal - please.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 05:44:40 MGT 2024