Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die uitwerking van gepolariseerde visie op persepsies van rassisme
Die uitwerking van gepolariseerde visie op persepsies van rassisme [boodskap #14093] Ma, 27 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloukoma skryf:

********* begin aanhaling *************

From:
Subject: Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek
Date: 24 Apr 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes: >
> Snaaks hoe sirkulere redenering vir eie gewin toegepas word. Wanneer iemand
> genaamd koos, en piet of dergeliks iets "onbeskaafds" pos (en daar is velerlei
> sulke voorbeelde) word daar OF nie daarop gereageer nie OF dit word toegeskryf
> aan een of ander individuele renegade. Met 'n naam soos Sizwe, egter, word dit
> 'n onbeskaafde karaktertrek van 'n hele groep - die "einddoel" van die julle in
> ZA. Wel ek dink daar is ver genoeg agteruit gebuig in die naam van
> rekonsiliasie vir mense soos jy. Skielik is rekonsiliasie 'n prioriteit vir
> jou wanneer jy dit kan gebruik om my aan te val en jou verantwoordelikheid
> daarmee kwyt te skeld. Ek sien deur jou ploy.

Ja, nee, Sizwe, jy het hulle in 'n lekker
lokval gelei. Sodra die sogenaamde "swart
naam" deur iemand gebruik word, word daar
rassisties aangeval. Hoe weet hulle dat
dit nie 'n sielkundige is wat hulle uit-
toets om inligting in te samel vir 'n
sielkundige dokument oor rassisme op die
kubernet nie.

*************** aanhaling eindig **************

Nee, Gloudina, nie 'n sielkundige nie. Wel 'n historikus, as ek dit reg
het - een met 'n besondere belangstelling in sosiale geskiedenis.

In elk geval. Hier had ons 'n "bekende Kleurlinggeleerde" (soos Rapport vir
baie jare by "Gus Adams" se naamlyn geskryf het - dit was toe al die Richard
van der Ross).

Hy kom af op 'n stuk kwaadwillige laster (te goed om nie verder te versprei
nie) oor ene PW Botha. Dit verskyn in 'n gewilde boek wat as gesaghebbend
beskou word in radikale swartbewussynskringe in die VSA. (ons aanvaar maar
hy dit dit nie self gefabriseer het en aan die skrywer toeskryf nie). Die
stuk is lasterlik, want dit gee voor dat PW Botha in 1985 uiters rassistiese
boodskappe aan Afrikaners gestuur het. Die implikasie is ook dat Afrikaners
ontvanklik was vir sulke berigte. Dit belaster, op uiters rassitiese wyse,
dus nie net PW Botha nie, maar ook die meerderheid Afrikaners.

Hy weet baie goed dat hy nie in sy eie naam gevang kan word dat hy die
stukkie materiaal ernstig opneem nie - en veral nie dat hy dit versprei nie.
Dit sou sy reputasie as wetenskaplike onder sy kollegas onberekenbare skade
aandoen.

Hy kies dus 'n skuilnaam uit 'n stuk van Athol Fugard uit die
sewentigerjare. 'n Xhosanaam. Met 'n vals Xhosa-identiteit (maar met die
pragtige taalgebruik van Genadendal, wat by geleentheid verval in die patois
van Mannenberg) plaas hy die stuk rassistiese laster op die
Afrikaansnuusgroep. Heel provokatief.

Drie dinge gebeur:

1) Iemand haal dieselfde triek op hom uit, gebruik dieselfde skuilnaam en
adres, en gee voor dat sy vals persona ook gay voorkeure het.

2) Iemand anders ontbloot sy stukkie propaganda vir wat dit is.

3) Ons geleerde vriend (in sy vals Xhosa-gedaante) doen 'n dosyn
bollemakiessies en piepie straaltjies in alle rigtings.

In sy reaksies ontbloot hy sy eie vooroordele en kwaadwilligheid soos volg:

1) Maak die stelling dat bewerings oor gay voorkeure 'n teken van
rassisme is. In die proses toon hy sy eie homofobiese vooroordele. (Kort
tevore is presies dieselfde poets op iemand ander in die nuusgroep gebak -
dit het onder andere gelei tot bewerings dat Afrikaners die grootste
voorkoms van manlike homoseksualiteit vertoon. Dit beskou hy egter nie as
"rassisties" nie.)

2) Maak 'n massiewe krater van homself toe hy hom op die wetenskaplike
metode beroep, en demonstreer in die proses dat hy sommige van die
fundamentele begrippe in sy gereedskap as wetenskaplike nog nie baasgeraak
het nie.

3) Stel, op uiters arrogante en hoogs rassistiese wyse, homself aan om te
eis dat 'n ander deelnemer moet inval by die identiteit wat hy vir daardie
persoon voorskryf.

4) Verval in 'n sniveling heap of snot, skreeu "Rassisme!" en wend hom
tot emosionele afpersing van die mees laakbare aard toe sy tjank vir hom
afgetrap word oor sy optrede in 3.

Maar jy, Gloudina, kom tot die gevolgtrekking dat:

"Ja, nee, Sizwe, jy het hulle in 'n lekker
lokval gelei. Sodra die sogenaamde "swart
naam" deur iemand gebruik word, word daar
rassisties aangeval."

As enigiemand in hierdie insident rassistiese aanvalle geloods het, was dit
onse "Sizwe".

Maar jou polaroidbril laat net rassisme van 'n bepaalde polarisering deur,
nie waar nie?

Dit sou jammer (maar verstaanbaar) wees as ons geleerde vriend te skaam is
om weer deel te neem. Ek dink hy sou waardevolle bydraes kon maak uit 'n
perspektief wat nie goed op die nuusgroep verteenwoordig word nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die uitwerking van gepolariseerde visie op persepsies van rassisme [boodskap #14094 is 'n antwoord op boodskap #14093] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> "Leendert van Oostrum" skryf:

> Nee, Gloudina, nie 'n sielkundige nie. Wel 'n historikus, as ek dit reg
> het - een met 'n besondere belangstelling in sosiale geskiedenis.

Hel, jy weet meer as ek. vertel tog hoe jy hierdie sprong maak.

> Maak die stelling dat bewerings oor gay voorkeure 'n teken van
> rassisme is. In die proses toon hy sy eie homofobiese vooroordele.

Absolute snert en selektiewe rapportering. Die verwantskap was tussen die
ooglopende venyn in die gebruik van my e-pos adres om 'n essensiele private
verhouding (homo of heteroseksueel) publiek te maak en te solisiteer sonder
toestemming.

> Maak 'n massiewe krater van homself toe hy hom op die wetenskaplike
> metode beroep, en demonstreer in die proses dat hy sommige van die
> fundamentele begrippe in sy gereedskap as wetenskaplike nog nie baasgeraak
> het nie.
>
>

Jy maak jou naam gat kameraad. Sien my reaksie op die pos waarna jy verwys.

> Dit sou jammer (maar verstaanbaar) wees as ons geleerde vriend te skaam is
> om weer deel te neem

You wish.
Re: Die uitwerking van gepolariseerde visie op persepsies van rassisme [boodskap #14125 is 'n antwoord op boodskap #14093] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> "Leendert van Oostrum" skryf:
>
>
>
>> Nee, Gloudina, nie 'n sielkundige nie. Wel 'n historikus, as ek dit reg
>> het - een met 'n besondere belangstelling in sosiale geskiedenis.
>
> Hel, jy weet meer as ek. vertel tog hoe jy hierdie sprong maak.

Hmmm.... Iets aan die skryfstyl?

>
>> Maak die stelling dat bewerings oor gay voorkeure 'n teken van
>> rassisme is. In die proses toon hy sy eie homofobiese vooroordele.
>
> Absolute snert en selektiewe rapportering. Die verwantskap was tussen die
> ooglopende venyn in die gebruik van my e-pos adres om 'n essensiele private
> verhouding (homo of heteroseksueel) publiek te maak en te solisiteer sonder
> toestemming.

Selektiewe rapportering? Oepsie! Ek dag dis net die skatalogiese
terminologie wat ek uitgelaat het - wat 90% van die boodskap was.

Maar as presies dieselfde 'n boertjie oorkom is dit nie rassisme nie?

Selektiewe persepsies van rassisme, nie waar nie?

>
>> Maak 'n massiewe krater van homself toe hy hom op die wetenskaplike
>> metode beroep, en demonstreer in die proses dat hy sommige van die
>> fundamentele begrippe in sy gereedskap as wetenskaplike nog nie baasgeraak
>> het nie.
>>
>
> Jy maak jou naam gat kameraad. Sien my reaksie op die pos waarna jy
verwys.

Aitsa! Kameraad vark? Lyk soos vordering in die rigting van "rekonsiliasie"
op die Animal Farm. Beswaarlik "vordering".

Maar ek sien reikhalsend uit na die beloofde reaksie.

>
>> Dit sou jammer (maar verstaanbaar) wees as ons geleerde vriend te skaam is
>> om weer deel te neem
>
> You wish.

Nah!... Not likely.

Kind regards, Leendert
Vorige onderwerp: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek
Volgende onderwerp: Re: Not personal - please.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 06:00:57 MGT 2024