Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koord
koord [boodskap #134492] Ma, 09 November 2020 16:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Koord.
'n Koord.
'n Sirkel met koorde PA, PB, AB, BQ en AQ.
'n Sirkel met koorde PA, PB, AB, BQ en AQ.
koord
Afbreking: koord


Selfstandige naamwoord: koord
Meervoud: koorde
Verkleinwoord: koordjie
Meervoud van verkleining: koordjies

Betekenis:
• 'n Sterk tou of lyn van ineengevlegde drade.
• (meetkunde) 'n Lynsegment waarvan beide die eindpunte op 'n kromme lê.

Gebruik:
• Pasop dat jy nie oor die verwarmer se koord val nie.
• In 'n sirkel sal enige koord se loodregte middellyn gaan deur die middelpunt van die sirkel gaan.

Afgelei:
• koordband
• koorddanser
• koordferweel
• koordspyker
• koordsy

Vertaling:
Engels: cord, string, rope
Nederlands: koord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kommando
Volgende onderwerp: vlooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:04:47 MGT 2024