Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ditsem
ditsem [boodskap #134448] Vr, 06 November 2020 13:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ditsem
Afbreking: dit•sem


Tussenwerpsel: ditsem

Betekenis:
• 'n Uitroep van goedkeuring. Dui aan dat 'n opmerking korrek of gepas is.

Gebruik:
Ditsem, jy verstaan mos!

Sinoniem:
• jip
• natuurlik
• net so

Vertaling:
Engels: that's it!
Nederlands: gewoon zo!

Nota:
• Waarskynlik 'n sametrekking van die Nederlandse "dit 's em" of "dit 's hem", dit is hy.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wipgat
Volgende onderwerp: sloot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 11:46:07 MGT 2024