Radiospeler
 
Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Woordeboek » speldekussing
speldekussing [boodskap #134349] Vr, 30 Oktober 2020 13:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 9029
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 0
Senior Lid
'n Speldekussing vir spelde.
'n Speldekussing vir spelde.
'n Speldekussing.
'n Speldekussing.
speldekussing
Afbreking: spel•de•kus•sing
Samestelling: spelde + kussing


Selfstandige naamwoord: speldekussing
Meervoud: speldekussings
Verkleinwoord: speldekussinkie
Meervoud van verkleining: speldekussinkies

Betekenis:
• Kussing waaraan spelde gesteek word wanneer hulle nie gebruik word nie.
• Protea van die genus Leucospermum was se blomme aan so 'n kussing herinner.

Gebruik:
• Soos sy die spelde uittrek, druk sy dit in die speldekussing.
• Die seepsteenspeldekussing is een van die min speldekussings wat nie in die Wes-Kaap voorkom nie.

Vertaling:
Engels: pincushion; pincushion protea
Nederlands: speldenkussen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sluitketting
Volgende onderwerp: spiering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Des 03 13:09:11 UTC 2020