Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roof
roof [boodskap #134332] Vr, 30 Oktober 2020 06:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roof
Afbreking: roof


Selfstandige naamwoord: roof
Meervoud: rowe
Verkleinwoord: rofie
Meervoud van verkleining: rofies

Betekenis:
• Die kors van 'n wond.
• Handeling om openlik en met geweld te steel.
• Dit wat geroof is; die buit.

Gebruik:
• Die vel rondom die roof is bloedrooi.
• Die verdagte het op aanklag van gewapende roof in die hof verskyn.
• Die diewe het met die roof weggekom.

Hiponiem:
• bankroof
• grondroof
• huisroof
• menseroof

Afgelei:
• roofaanval
• roofarend
• roofbende
• roofdier
• roofgierig
• roofkyker
• roofskip
• roofsug
• rooftog
• roofvis
• roofvoël

Vertaling:
Engels: scab, crust; plunder, robbery; booty
Nederlands: roof


Werkwoord: roof
Verlede tyd: het geroof

Betekenis:
• Openlik en met geweld steel; afneem wat nie aan jou hoort nie.

Gebruik:
• Teen daai tyd was al die geld al geroof.

Spreekwoord:
• Terwyl die herders twis, roof die wolf die skape. [Gebrek aan samewerking lei tot ondergang.]

Vertaling:
Engels: to plunder, rob, steal
Nederlands: roven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: otter
Volgende onderwerp: soiets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 20:18:48 MGT 2024