Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baal
baal [boodskap #134329] Vr, 30 Oktober 2020 05:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vierkantige hooibale op 'n trok.
Vierkantige hooibale op 'n trok.
baal
Afbreking: baal


Selfstandige naamwoord: baal
Meervoud: bale
Verkleinwoord: baaltjie
Meervoud van verkleining: baaltjies

Betekenis:
• 'n Plantaardige materiaal soos hooi, tabak of tef wat saamgepers of -gebind is.
• Groot sak growwe materiaal, soos wol, wat vir verskeping verpak is.

Gebruik:
• Hoeveel sal 'n baal op die mark haal?
• Ons het ongeveer 50 bale wol geskeer.

Afgelei:
• baaldraad
• baalmasjien
• baalpers
• baalsak
• hooibaal

Vertaling:
Engels: bale
Nederlands: baal


Werkwoord: baal
Verlede tyd: het gebaal

Betekenis:
• In blokke bind of pers; saampers; saamdruk; vasdruk.

Gebruik:
Baal asseblief die hooi sodat ons dit mark toe kan neem.

Vertaling:
Engels: to bale
Nederlands: balen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opflikkering
Volgende onderwerp: mop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 02:36:49 MGT 2024