Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek
Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14026] |
Vr, 24 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Frikkie" writes:
>> Vorster was so embittered that he refused a visit from PW Botha in hospital,
>> even though he knew he was dying. Vorster forbade the whole cabinet, except
>> Mr Lapa Munnik
>> to attend his funeral and he also refused a state burial. His wishes were
>> ignored and mr
>> PW Botha ordered a huge state funeral which was attended by the whole
>> cabinet, him
>> included.
Let op die hekselaggie!:
> Ha, ha, ha. He He He.
> Dom vet ou ooms wat nie die skrif teen
> die muur kon sien nie.
>
>
> En Leendert, laat ons nou jou opinies oor hierdie
> ou sakies hoor. Vir my lyk dit net na 'n klomp
> dom apartheidsvarke wat onder mekaar baklei.
Eintlik eenvoudig, Gloudina.
Vanoggend op die SABC se program "Monitor" was daar kommentaar op die
gehalte van die joernalistiek rondom 'n geval van 'n boer wat 'n swart kind
doodgery het. Die SABC (let wel) vind feite wat radikaal verskil van die
"feite" wat die Sowetan, en John Kwellane (dis hoe die verslaggewer die
uitgespreek het - sy kon seker nie die klapklank van Qellane bykom nie) in
"The Star" rapporteer (laasgenoemde twee koerante verskil ook drasties in
die "feite" wat hulle opdis, maar toon 100% solidariteit daarin dat hulle
probeer voorgee dat die
boer die kind doelbewus doodgery het (terwyl hy getuies, in die persoon van
swart werkers, in sy voertuig gehad het, nogal!)
Die SABC het Van Zyl Slabbert gevra om kommentaar te lewer op die verskynsel
dat joernaliste bereid is om hul bloot te stel aan lasterklagte ten einde 'n
politieke persepsie te skep - (in hierdie geval, nog 'n poging om die boer
in die media te verhoor ten einde wat oor is van objektiewe regspleging te
vernietig, sodat die howe die uitsprake sal gee wat die people wil hê.)
Van Zyl Slabbert se oordeel kom daarop neer dat die feite van die saak nie
eintlik ter sake is nie - politieke stemmingmakery is die werklike vlak
waarop die beriggewing beweeg. Dit gaan dus daaroor om die hekse in die SA
samelewing uit te wys - en uit te dryf!
Ons het natuurlik net hierdie week ook so 'n voorbeeld op hierdie nuusgroep
gesien met die stukkie "Die ware PW" wat Sizwe geplaas het, en wat
Onrusstoker (en jy waarskynlik ook) met graagte gesluk het.
Van Zyl Slabbert is verder van oordeel dat die meeste koerante tussen 1994
en 1996 probeer het om redelik by die feite te hou, terwille van versoening,
maar dat hulle in die afgelope twee jaar weer polariserend te werk gaan,
deur berigte soos hierdie te skryf wat hul lesers wil lees.
Die soort ding wat "frikkie" hier plaas kan jy lees in 'n boek
"Volksverraad" wat enkele maande gelede die onderwerp van 'n lastersaak was,
en wat die skrywer 'n groot klomp geld gekos het nadat hy die saak verloor
het.
Nou is dit so dat die toegewyde lesers van Sowetan en The Star die
lasterlike weergawes van die dood van die swart dogtertjie waarskynlik
sondermeer sal glo - en 'n hofuitspraak wat nie daarmee ooreenstem nie sal
bevraagteken. Insgelyks sal toegewyde lesers van geskrifte soos
"Volksverraad" waarskynlik "frikkie" se bydrae as volkome waar aanvaar. So
ook mense soos jy, wat nie normaalweg daardie tipe literatuur te siene kry
nie, en nie juis kan oordeel oor die geldigheid daarvan nie.
Want soos ons weet, Gloudina, lees jy doelbewus selektief. Jy lees
byvoorbeeld nie eens Die Burger nie, want dit plaas nie genoeg berigte wat
jou vooroordele masseer nie. Hulle mag dalk net feite en perspektiewe plaas
wat jou heksejag mag bemoeilik, nie waar nie?
Soos ek tevore al getoon het, is daar in wese geen verskil tussen jou
benadering en die van jou verregse eweknieë nie. Jy glo ook maar net wat jy
wil glo, en sal met groot gedruis en skelname enigeen aanval wat jou
vooroordele probeer bevraagteken aan die hand van bevestigbare inligting.
Net soos hulle (en die Sowetan en die Star) is jy besig met niks minder en
niks meer as 'n heksejag nie.
My opinie, dus, Gloudina:
Bydraes deur "frikkie" en bydraes deur Gloudina moet maar met dieselfde
kritiese bril ondersoek word.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14027 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Vr, 24 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum"
> Soos ek tevore al getoon het, is daar in wese geen verskil tussen jou
> benadering en die van jou verregse eweknieë nie.
Wel, ou Leendert, ek sien minder gevaar
in die dom ver-regses se gemompel as in
die glibberige kalante soos jy wat op die
draad sit en kyk watter kant die beste
is om nou te "join." Dit was juis die
moeilikheid in die vroe"e apartheidsera:
dat 'n hele klomp glibberige meestal
Afrikanerkalante joiners was en die
apartheidsisteem soveel kredensie gegee
het, dat dit 'n burgeroorlog geneem het
om julle glibberige kalante te wys dat
die skrif teen die muur is, en dat dit
nou tyd is om weer op die draad te gaan
sit.
Gloudina
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14037 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Vr, 24 April 1998 00:00 |
SizweBanzi
Boodskappe: 44 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> "Leendert van Oostrum" skryf
> Nee, daar is veel meer as spekulasie in. Maar miskien kan jy nie onderskei
> nie.
Tesis: PWBotha het die dinge gese wat ek aangehaal het (aan die hand,
especially, van verwysings). Jy doen navorsing om hierdie tesis te bevestig of
te reject (jy het gerigte energie spandeer en navorsing gedoen in diens van 'n
antwoord, toegegee). Tot op hede, egter, is daar geen rejection van die
oorspronklike tesis aan die hand van evidence tot die teendeel nie. Dus, ergo,
of whatever: die oorspronklike tesis staan en argumente tot die teendeel is
spekulasie. Jy moes seker 'n klassie geloop het in navorsingsmetodologie en
prosedure om jou skripsie te voltooi, of hoe?
>Ek dink nie hierdie betoog regverdig 'n reaksie nie.
Tipiese verdedigingsmeganisme - denial & ontwyking. Het ten doel die
instandhouding van die status quo in die ego in the face of 'n bedreigende
challenge.
>Teen daardie prys is rekonsiliasie te duur. Ek sal daarsonder gaan, dankie.
En hiermee artikuleer jy die kern van die probleem in sa. In die afgelope paar
jaar in suid-afrika kon ek nog nie een wit persoon kry wat apartheid ondersteun
het nie. Almal was teen apartheid en ek kan net nie verstaan hoe die
nasionaliste in bewind gebly het nie. Niemand wil verantwoordelikheid aanvaar
nie. Die katolieke kerk bieg en vra verskoning vir hul stilte waar dit die
jode aangaan, nuremberg was 'n attempt tot verantwoording, die internasionale
regsbank voer onomwonde aan dat bosniese serbs EERS moet bieg voordat
rekonsiliasie moontlik is, vandag (vrydag) word mense in Rwanda tereggestel as
'n poging tot verantwoordelikheid wat lei tot genesing. Maar in Suid-Afrika
wil dit nie gebeur nie. In die stilte donder die aanname dat "ons het niks
verkeerd gedoen nie". Hoe op aarde kan mens vooruitgaan, rekonsilieer, sonder
'n artikulasie van jou rol in die apartheidsstaat - die manier waarop jy as
wit persoon daardie vooroordele internaliseer het, voordeel getrek het daaruit,
dit verdedig het? Julle wil jul koek he en dit eet - absolusie sonder penance.
Als is mos nou oor - kom ons boer vooruit - vergeet van die verlede. Die
verlede leef egter in my psige en die van my ouers, let alone die
realiteitsgebonde reminders in die tasbare, die mote en wonde is nog nie
genees nie. Maar dan hoe sal julle weet - die folteraar voel mos nie die pyn
nie en kan geredelik se kom ons vergeet en vergewe. OF - soos jy, "die prys is
te duur. Ek sal daarsonder gaan". Groei op.
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14038 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Vr, 24 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes: >
> Snaaks hoe sirkulere redenering vir eie gewin toegepas word. Wanneer iemand
> genaamd koos, en piet of dergeliks iets "onbeskaafds" pos (en daar is velerlei
> sulke voorbeelde) word daar OF nie daarop gereageer nie OF dit word toegeskryf
> aan een of ander individuele renegade. Met 'n naam soos Sizwe, egter, word dit
> 'n onbeskaafde karaktertrek van 'n hele groep - die "einddoel" van die julle in
> ZA. Wel ek dink daar is ver genoeg agteruit gebuig in die naam van
> rekonsiliasie vir mense soos jy. Skielik is rekonsiliasie 'n prioriteit vir
> jou wanneer jy dit kan gebruik om my aan te val en jou verantwoordelikheid
> daarmee kwyt te skeld. Ek sien deur jou ploy.
Ja, nee, Sizwe, jy het hulle in 'n lekker
lokval gelei. Sodra die sogenaamde "swart
naam" deur iemand gebruik word, word daar
rassisties aangeval. Hoe weet hulle dat
dit nie 'n sielkundige is wat hulle uit-
toets om inligting in te samel vir 'n
sielkundige dokument oor rassisme op die
kubernet nie.
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14050 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Sa, 25 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Een reaksie hierop is: As jy dan so goed weet wat my "rol in die
> apartheidstaat" is, en dit self so goed artikuleer, wat bly daar vir my oor
> om te doen?
>
> 'n Ander is: Wat jy hier artikuleer is jou persepsie van my "rol in die
> apartheidstaat" - en jy stel klaarblyklik meer daarin belang om jou
> persepsie te artikuleer as om myne te verneem.
Nouja, Leendert, kom ons begin
met 'n skoon blaadjie. Jy het
soveel dinge op hierdie nuus-
groep kwytgeraak wat mense laat
dink dat jy die apartheidsregime
probeer verdedig. Kan jy ons nou
verduidelik hoekom ons ons opinies
moet verander. Vertel vir ons
wat jy gedoen het (nie gedink het
nie) om vir die owerheid te laat
weet dat jy nie hou van wat aan-
gaan nie. Praat uitsluitlik oor
jouself en jou dade. Moenie alles
omdraai en ander voor die hof
van jou skerp tong laat verskyn
nie. Dis 'n tipiese apartheids-
vark tegniek. Ek vra jou nou
om vir ons eerlik te vertel
waarom ons ons persepsies van
jou moet verander.
Gloudina
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14051 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Sa, 25 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> "Leendert van Oostrum" skryf
>
>
>> Nee, daar is veel meer as spekulasie in. Maar miskien kan jy nie onderskei
>> nie.
>
> Tesis: PWBotha het die dinge gese wat ek aangehaal het (aan die hand,
> especially, van verwysings).
Toegegee, dis jou tesis.
> Jy doen navorsing om hierdie tesis te bevestig of
> te reject (jy het gerigte energie spandeer en navorsing gedoen in diens van 'n
> antwoord, toegegee).
Toegegee.
> Tot op hede, egter, is daar geen rejection van die
> oorspronklike tesis aan die hand van evidence tot die teendeel nie. Dus, ergo,
> of whatever: die oorspronklike tesis staan en argumente tot die teendeel is
> spekulasie. Jy moes seker 'n klassie geloop het in navorsingsmetodologie en
> prosedure om jou skripsie te voltooi, of hoe?
Ai, Sizwe! Hier, soos Ferdie dit op 'n keer so treffend gestel het, hys jy
jou op 'n marmervoetstuk van wetenskaplike onaantasbaarheid.
Maar wat jy nie weet nie, is dat ek my lank onderhou het deur klippe te kap
in 'n marmergroef op 'n Griekse eiland. Daar moes ek leer om die foutnate in
marmer te eksploiteer.
En in jou geval is dit nie net nate nie - dis sommer verweerde marmer wat
verkrummel as jy dit so effens tik:
1) 'n Terloopse, onbelangrike terminologiese sakie - kom ons ruim dit net
eers uit die weg:
Hier is nie sprake van 'n tesis ('n proposisie wat slegs deur logiese
argumentering beslis kan word) nie. Wel van 'n hipotese ('n proposisie wat
aan die hand van feite sowel as logiese argumentering getoets word).
2) 'n Fundamentele begripsfout, wat jou hele voetstuk in skerwe laat:
Jou aanname, dat 'n (hipo-) tese aanvaar kan word totdat die teendeel bewys
is, is geldig mits 'n belangrike voorwaarde nagekom word: die (hipo-) tese
moet _vals_ bewys kan word. Soos die Oostenryks-Britse Sir KArl Popper al
in 1934 aangetoon het (Logik der Forsschung - in Engels vertaal as The logic
of scientific discovery), kan die stelling "Daar bestaan groen swane" nie
vals bewys word nie. (Enigeen kan dus beweer dat daar groen swane bestaan,
maar omdat dit nie vals bewys kan word nie, het dit geen wetenskaplike gesag
nie.) Die stelling "Daar is geen groen swane nie" kan wel vals bewys word,
en kan dus aanvaar word totdat iemand met 'n groen swaan vorendag kom.
In die internasionale instrumente van menseregte, in ons grondwet, en selfs
in ons Romeins-Hollandse gemenreg word erkenning gegee aan hierdie basiese
reël van die logika deur die ooreenstemmende regsbeginsel: "Elkeen is
_on_skuldig totdat die teendeel bewys is". (Jy, daarenteen, gaan hierbo van
die standpunt uit dat PW _skuldig_ is totdat die teendeel bewys is.)
2) Die wyse waarop jou (hipo-) tese geformuleer is, beteken dus dat dit
nie toetsbaar nie, want dit kan nie vals bewys word nie. Die korrekte metode
(wetenskaplik sowel as juridies) is dus om die teenproposisie, of
nulhipotese, te aanvaar totdat die teendeel _daarvan_ bewys is.
Dus:
Hipotese: PW het die gewraakte woorde ge-uiter.
Nulhipotese: PW het nie die gewraakte woorde ge-uiter nie.
Die nulhipotese kan staan totdat die teendeel bewys is. Dan moet ons die
nulhipotese verwerp en die hipotese aanvaar. Die doel van die "navorsing"
waarna jy verwys is dus om die nulhipotese verkeerd te probeer bewys.
Nou soek ons die getuienis wat die teendeel van die nulhipotese bewys:
1) Sizwe beweer, Ani beweer, Maillu beweer PW het die gewraakte woorde
ge-uiter.
Op die punt van _een_ geval van hoorsê, sou enige hof die getuienis van die
rekord laat skrap - hy sou dit nie eens aanhoor nie. Mandela het hom baie
sterk op hierdie beginsel beroep toe SARVU se regspan persberigte voorlgelê
het oor wat mense na bewering gesê het. Maar hier het ons hoorsê, op hoorsê
op hoorsê.
Afleiding: Die betroubaarheid van die getuienis kan nie getoets word nie.
Die getuienis moet dus verwerp word.
2) Maar kom ons aanvaar, vir die doel van die argument, dat hoorsê
toelaatbaar is (ons is, per slot van rekening nie in 'n hof nie, en die
wetenskap is nie heeltemal so streng oor hierdie reël as die howe nie, so
ons mag maar). Maar dan moet ons die betroubaarheid van die getuienis
ondersoek:
In die eerste plek moet ons bepaal of enige van die getuies miskien 'n
motief kon gehad het om valse getuienis te lewer, of met die getuienis te
peuter deur aan te vul of weg te laat.
Hier vind ons die volgende: Die sekondêre getuie, sowel as die persoon wat
waarskynlik die primôre getuie is, is duidelik aanhangers of simpatiseerders
van die afrikanisme of ideologieë wat die integriteit van witmense
geringskat, en bose motiewe aan witmense toeskryf, bloot op grond daarvan
dat hulle wit is. Dit lei ons af uit die titels en beskrywings van hul
gepubliseerde werke, sowel as uit die forums waarin hul werke hoog
aangeslaan word. As die derde getuie is wie ek dink hy is, sal ons
waarskynlik soortgelyke tekens in sy publikasielys vind.
Afleiding: Al drie die getuies kon dus moontlik 'n motief gehad het om
getuienis oor PW Botha te vervals of daarmee te peuter.
3) Ons moet ook soek vir ondersteunende getuienis wat moontlik die
kwaliteit van die getuienis kan waarborg. In wetenskaplike kringe beteken
dit gewoonlik dat die getuienis gepubliseer is in 'n geresenseerde (peer
reviewed) forum. Maillu se (beweerde) publikasie is 'n koerantberig, en Ani
s'n 'n boek wat deur 'n mindere uitgewer gepubliseer is. Sizwe s'n is 'n
publikasie op USENET.
Afleiding: Nie een van die drie geld as gesaghebbende wetenskaplike
forums waar die getuienis aan die kritiese wetenskaplike blik van kollegas
onderwerp word nie. Ons het dus geen onafhanklike bevestiging dat die
getuienis betroubaar is nie.
4) Ons moet ook kyk of die "primôre" getuie wel in 'n posisie was om die
waarneming te maak wat hy beweer dat hy waargeneem het. Hier ontstaan 'n
wesenlike probleem: die identiteit van die primôre getuie is onseker! Ons
weet wel die volgende:
Volgens die argifaris van die primôre bron, die Sunday Times, het geen
Maillu ooit vir die Sunday Times gewerk nie.
Die naam Maillu kom nie tans in die telefoonboeke van Johannesburg (setel
van die Sunday Times) of die naburige stad Pretoria voor nie. Daar kan dus
(totdat die teendeel bewys word) aanvaar word dat 'n familie of individu met
die naam nie 'n telefoon in die gebied besit nie.
In Kenia is daar wel 'n Keniaanse skrywer met die naam Maillu. Inderdaad,
die persoon gebruik die naam David G. Maillu - presies die vorm van die naam
wat aangegee word as die "primôre bron". Hierdie persoon skryf ook
sosiologiese boeke en fiksie met 'n afrikanistiese strekking en wat
oënskynlik krities is van die integriteit en motiewe van witmense. Hy skryf
in Engels en in een van die inheemse tale van Kenia.
Afleidings:
a) Indien die primôre betuie _nie_ die Keniaanse Maillu is nie, weet ons
nie wie dit is nie. Totdat ons die betrokke uitgawe van die Sunday Times in
die hande kry, kan ons dus nie bepaal of die getuie in 'n posisie was om
waar te neem wat hy/sy na bewering waargeneem het nie. Ons kan dus nie die
getuienis aanvaar nie.
b) Indien dit wel die Keniaanse David G. Maillu was (wat waarskynlik lyk)
weet ons ook nie, sonder toegang tot die betrokke Sunday Times of hy in die
nodige posisie was nie. Die getuienis kan nie aanvaar word nie. Maar in
hierdie geval het ons wel 'n aanduiding dat dit onwaarskynlik is dat hy die
waarneming kon gemaak het. Ons lei dit af uit die feit dat PW feitlik seker
nie Engels sou gepraat het met Afrikaners nie en uit die feit dat dit
onwaarskynlik is dat 'n Keniaan 'n betroubare vertaling sou kon doen uit 'n
Afrikaanse uitspraak waarvan hy 'n getuie was. In hierdie geval kan ons nog
minder waag om die getuienis te aanvaar.
Ons het dus:
Driedubbele hoorsê;
deur drie mense wat elkeen moontlik 'n motief kon gehad het om die getuienis
te vervals of om daarmee te peuter;
daar is geen onafhanklik getuienis wat die betroubaarheid van die beweringe
ondersteun nie; en
nie net weet ons nie of die oorspronklike bron van die inligting wel in die
posisie was om die beweerde uitspraak waar te neem nie - daar is aanduidings
dat die persoon wat moontlik die bron kon wees nie in 'n posisie kon wees om
'n betroubare waarneming te maak nie.
Gevolgtrekking: Die getuienis is onvoldoende om die nulhipotese te verwerp -
ons mag dus nie die hipotese aanvaar nie.
Op wetenskaplike gronde moet ons dus, op grond van hierdie inligting,
verklaar dat daar geen bewys is dat PW die gewraakte uitspraak gemaak het
nie. Ons kan nie die beweringe nie eens beskryf as "ongetoetste beweringe"
nie, want ons het hulle so pas getoets. Ons word inderdaad gedwing om in die
belang van die wetenskaplike waarheid te verklaar dat die beweringe
waarskynlik kwaadwillige laster is.
Nou ja, Sizwe, ek vertrou dat jy nou 'n paar basiese beginsels van die
wetenskaplike metode onder die knie het wat jou dosent in
navorsingsmetodologie klaarblyklik tevergeefs gepoog het om by jou tuis te
bring.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14052 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Sa, 25 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> "Leendert van Oostrum" skryf
>
>> Teen daardie prys is rekonsiliasie te duur. Ek sal daarsonder gaan,
dankie.
>
> En hiermee artikuleer jy die kern van die probleem in sa. In die afgelope paar
> jaar in suid-afrika kon ek nog nie een wit persoon kry wat apartheid ondersteun
> het nie. Almal was teen apartheid en ek kan net nie verstaan hoe die
> nasionaliste in bewind gebly het nie.
Wel, dit lyk asof jy so pas een gekry het - as jy nagaan wat Gloudina en een
of twee ander op die NG van my te sê gehad het, sou jy dink ek het apartheid
uitgedink en eiehandig bedryf.
Maar, van die os op die jas, en terwille van wetenskaplike duidelikheid -
wat bedoel _jy_ met die term "apartheid"?
> Niemand wil verantwoordelikheid aanvaar
> nie. Die katolieke kerk bieg en vra verskoning vir hul stilte waar dit die
> jode aangaan, nuremberg was 'n attempt tot verantwoording,
'n Foutjie aan jou kant. Nuerenberg was 'n daad van vergelding deur 'n
oorwinnaar. Daar was geen vrywillige poging tot verantwoording deur die
oorwonnenes nie.
> die internasionale
> regsbank voer onomwonde aan dat bosniese serbs EERS moet bieg voordat
> rekonsiliasie moontlik is,
Hmm... ek sal graag 'n verwysing hierna wil sien. So iets sou besonder
belangwekkend wees, want dit sou waarskynlik die eerste maal in vier eeue
wees dat die middeleeuse gedwonge belydenis deur 'n hof afgedwing word. Dan
moet ons ook verwag dat die geassosieerde folterkamer binnekort in die
hofgeboue van Den Haag terug sal wees.
> vandag (vrydag) word mense in Rwanda tereggestel as
> 'n poging tot verantwoordelikheid wat lei tot genesing.
Nee. Vergelding. Die situasie is dieselfde as Nuerenberg.
> Maar in Suid-Afrika
> wil dit nie gebeur nie.
Vra jouself af waarom nie.
> In die stilte donder die aanname dat "ons het niks
> verkeerd gedoen nie". Hoe op aarde kan mens vooruitgaan, rekonsilieer, sonder
> 'n artikulasie van jou rol in die apartheidsstaat -
Jy gee die antwoord self hierna: Dis nie ek wat my "rol in die
apartheidstaat" artikuleer nie - dit is jy. Kyk hoe skryf jy voor wat
ge-artikuleer moet word:
> die manier waarop jy as
> wit persoon daardie vooroordele internaliseer het, voordeel getrek het daaruit,
> dit verdedig het?
Een reaksie hierop is: As jy dan so goed weet wat my "rol in die
apartheidstaat" is, en dit self so goed artikuleer, wat bly daar vir my oor
om te doen?
'n Ander is: Wat jy hier artikuleer is jou persepsie van my "rol in die
apartheidstaat" - en jy stel klaarblyklik meer daarin belang om jou
persepsie te artikuleer as om myne te verneem.
> Julle wil jul koek he en dit eet - absolusie sonder penance.
Absolusie voorveronderstel sonde. Almal stem nie noodwendig saam dat hul wit
velle 'n spesiale staat van sonde daarstel nie.
Boetedoening veronderstel skuld. Sommiges mag die standpunt huldig dat hul
wit nerwe nie noodwendig skuld aantoon nie. Ander mag van oordeel wees dat
hulle skuld reeds vereffen is.
> Als is mos nou oor - kom ons boer vooruit - vergeet van die verlede.
Sommiges mag tot die gevolgtrekking gekom het dat dit nie moontlik is om
iets te doen aan jou eensydige persepsie van "die verlede" nie, maar mag
bereid wees om desnieteenstaande 'n poging aan te wend om 'n gemeenskaplike
toekoms te skep.
Jy het, met hoogheilige arrogansie, verklaar:
Ek het in dieselfde trant gereageer:
>> Teen daardie prys is rekonsiliasie te duur. Ek sal daarsonder gaan,
dankie.
En nou dop jy om op jou rug en begin tjank en piepie:
> Die
> verlede leef egter in my psige en die van my ouers,
> let alone die
> realiteitsgebonde reminders in die tasbare, die mote en wonde is nog nie
> genees nie.
Nee. Inteendeel, soos 'n bedelaarsigeuner in die poorte van Hagia Sofia
vertoon jy die wonde in die mins vleiende lig - maak jy daarvan 'n
instrument van emosionele manipulasie wat die toeris geen alternatief laat
as om aandagtig in sy beursie te tuur as hy die gesig nie kan verdra nie.
Maar ek is nie 'n bleek toeris met 'n beurs gevul deur Danish Aid nie. Ek is
een van die locals. Ek sien jou ook na-ure.
Ek sien hoe jou vingers altyd wegwys van jouself. Ek sien hoe jy die rol van
slagoffer uitbuit.
> Maar dan hoe sal julle weet - die folteraar voel mos nie die pyn
> nie en kan geredelik se kom ons vergeet en vergewe.
My liewe Sizwe. Ek het geen belang by jou vergiffenis nie. Jy sien, die
psigologiese (en religieuse) funksie van vergiffenis trek net op die een wat
vergewe. Die een wat voel dat hy verontreg is, en wat vergewe, word gesuiwer
van sy gevoel van verontregting. Maar daar is 'n voorwaarde:
Die vergiffenis moet _on_voorwaardelik wees. Dit kan nie afhanklik wees van
die belydenis van die beweerde oortreder nie. Want as dit is, maak dit die
een wat verontreg voel 'n gevangene van die bereidwilligheid van die ander
een om te bely. Hy kan nie bevry word sonder dat die ander die inisiatief
neem om te bely nie. Dit vereis ook dat die ander een moet saamstem dat hy
die oorsaak van die onreg is.
Onvoorwaardelike vergiffenis, daarenteen, plaas die een wat vergewe in
beheer van sy eie bevryding. Dit is wat Rom 12 beteken.
Waar dit my aangaan: Ek het vrede daarmee as jy jou wil versoen met 'n vark.
Maar ek is nie jou vark nie. As die vrede in jou gemoed daarvan afhanklik is
dat ek moet vark wees is dit jou keuse en joune aleen. En ek is hoegenaamd
nie geneë om myself tot vark te verklaar bloot omdat jy jou op die regbank
sitmaak en vir my sê: "Say after me..." nie.
Ek weier, met ander woorde, om toe te laat dat jy my identiteit, my
selfbeeld en my selfkonsep vir my bepaal en voorsê.
Hoewel ek dit anders sou verkies kan ek, desnoods, my eie potjie krap sonder
jou goedgesindheid.
Jy, daarenteen, het gekies om jouself afhanklik te maak daarvan dat ek sal
bely dat ek is wat jy dink ek is. Dit is jy wat jouself gebonde hou.
Dus: "Die prys is te duur. Ek sal daarsonder gaan".
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14081 is 'n antwoord op boodskap #14051] |
So, 26 April 1998 00:00 |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum wrote in article
...
| Ai, Sizwe! Hier, soos Ferdie dit op 'n keer so treffend gestel het, hys
jy
| jou op 'n marmervoetstuk van wetenskaplike onaantasbaarheid.
|
| Maar wat jy nie weet nie, is dat ek my lank onderhou het deur klippe te
kap
| in 'n marmergroef op 'n Griekse eiland. Daar moes ek leer om die foutnate
in
| marmer te eksploiteer.
|
| En in jou geval is dit nie net nate nie - dis sommer verweerde marmer wat
| verkrummel as jy dit so effens tik:
|
| 1) 'n ..... ens, ens.....
Baie indrukwekkend! Bietjie lank om te lees, maar die moeite werd.
Ek hoop net die arme drommel wat so paar dae terug gekla het oor die lae
standaard van redenasie of plasings hier op die NG lees dit nou ook. Ek
het die ou kla-gat nog nie self enige iets behalwe die een stukkie kritiek
sien plaas nie. Hy is soos die ou vet boeppens pappies wat langs die
skoolseuns se rugbyvelde staan en skree dat hulle vinniger moet hardloop
..
Nico
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14082 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
So, 26 April 1998 00:00 |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| rassisties aangeval. Hoe weet hulle dat
| dit nie 'n sielkundige is wat hulle uit-
| toets om inligting in te samel vir 'n
| sielkundige dokument oor rassisme op die
| kubernet nie.
|
|
Vervolgingswaan, Gloudina ...???!?
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14083 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
So, 26 April 1998 00:00 |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo allemaal, ik volg al een tijdje jullie nogal steeds heftiger wordende
discussies. Vooral Leenders bijdragen zijn een grote uitdaging voor mijn
begrip van het Afrikaans.
Ik moet in deze discussie toch het een en ander gemist hebben; Leendert
wordt er steeds van beticht een "apartheidsvark" te zijn. Op mij maakt hij
echter alleen de indruk kritisch te zijn over de huidige ontwikkelingen in
zijn land. Mag hij dat soms niet omdat hij een verkeerde huidskleur heeft?
Moet hij z'n mond maar houden? Volgens mij hebben teveel mensen dat in het
verleden gedaan en dat was toch ook niet goed?
Iemand een etiket opplakken is niet moeilijk, Gloudina, en nu moet hij zelf
bewijzen dat jouw indruk van hem verkeerd is? Lijkt me niet echt eerlijk;
zoiets noemen we omgekeerde bewijslast (volgens mij mag alleen de
belastingdienst zoiets vragen :-)
"Kritiek op de huidige regering" = "sympathiseren met de vorige" (?) Dat is
toch wel iets te kort door de bocht.
Groeten,
Arthur
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>>
>> Een reaksie hierop is: As jy dan so goed weet wat my "rol in die
>> apartheidstaat" is, en dit self so goed artikuleer, wat bly daar vir my oor
>> om te doen?
>>
>> 'n Ander is: Wat jy hier artikuleer is jou persepsie van my "rol in die
>> apartheidstaat" - en jy stel klaarblyklik meer daarin belang om jou
>> persepsie te artikuleer as om myne te verneem.
>
>
> Nouja, Leendert, kom ons begin
> met 'n skoon blaadjie. Jy het
> soveel dinge op hierdie nuus-
> groep kwytgeraak wat mense laat
> dink dat jy die apartheidsregime
> probeer verdedig. Kan jy ons nou
> verduidelik hoekom ons ons opinies
> moet verander. Vertel vir ons
> wat jy gedoen het (nie gedink het
> nie) om vir die owerheid te laat
> weet dat jy nie hou van wat aan-
> gaan nie. Praat uitsluitlik oor
> jouself en jou dade. Moenie alles
> omdraai en ander voor die hof
> van jou skerp tong laat verskyn
> nie. Dis 'n tipiese apartheids-
> vark tegniek. Ek vra jou nou
> om vir ons eerlik te vertel
> waarom ons ons persepsies van
> jou moet verander.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14111 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Ma, 27 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>>
>> Een reaksie hierop is: As jy dan so goed weet wat my "rol in die
>> apartheidstaat" is, en dit self so goed artikuleer, wat bly daar vir my oor
>> om te doen?
>>
>> 'n Ander is: Wat jy hier artikuleer is jou persepsie van my "rol in die
>> apartheidstaat" - en jy stel klaarblyklik meer daarin belang om jou
>> persepsie te artikuleer as om myne te verneem.
>
>
> Nouja, Leendert, kom ons begin
> met 'n skoon blaadjie.
Ah! Gloudina!
Wat sou jy bedoel met "kom ons begin met 'n skoon blaadjie"? Wat is verkeerd
met die oue?
Jy wat so graag spog dat jy kuberlandmyne lê - het die gesprek vir jou te
warm begin word?
Sien jy nie kans vir 'n oop en deursigtige dialoog wat 'n deel van die
werklike problematiek van Suid-Afrika aanspreek sonder om doekies om te
draai nie?
Begin dit vir jou bietjie te na aan die been sny? Te emosioneel raak? Te
veel waarhede ontbloot wat jy liewer verswyg sou sien?
Nou wil jy die gesprek terugbring tot dit in jou comfort zone is - daar waar
jy ongegronde beskuldigings maak en preuts eis dat die teikens daarvan hulle
moet verdedig?
Jy kan gaan slaap, my engel:
> Jy het
> soveel dinge op hierdie nuus-
> groep kwytgeraak wat mense laat
> dink dat jy die apartheidsregime
> probeer verdedig.
Jy kan nog nie onderskei tussen "verdediging" van "die apartheidsregime" en
pogings om te verseker dat die volle waarheid en alle perspektiewe op die
tafel kom nie, kan jy?
Te lank warm gebroei in jou klein coterie van saamdenkende enersdenkendes,
nie waar nie?
> Kan jy ons nou
> verduidelik hoekom ons ons opinies
> moet verander.
Ek dink jy moet 'n ding of wat verstaan, Gloudina:
In die eerste plek. Ek het geen behoefte daaraan dat jy of enigeen hul
"opinies moet verander" waar dit my aangaan nie. Wat jy van my persoonlik
dink, is gewoon nie vir my van enige belang nie. Ek reageer slegs op jou
bydraes as jy jou oningeligte snert vir die waarheid probeer opdis.
Dit is anders met die "sizwes" in ons midde. Wat hy van my en myne dink is
inderdaad belangrik. Maar ek gaan hom nie help om 'n waarheidsgetroue
persepsie te kry deur ja en amen te sê op die wanbeelde wat hy koester nie.
Juis omdat dit belangrik is wat hy dink moet ek weier om dit te aanvaar
wanneer hy die verkeerde beeld aan die wand hang en verklaar : "Dit is jy".
In die tweede plek. Wanneer 'n kind van ses of sewe nie kan onderskei tussen
'n driehoek en 'n reghoek, 'n sirkel en 'n ovaal, tussen "d" en "b" nie,
eis ons nie van die driehoek of die ovaal om te verduidelik waarom die kind
sy opinie moet verander nie. Ons verklaar: "die kind het 'n perseptuele
agterstand" en neem hom na 'n arbeidsterapeut.
'n Vrou van sestig of sewentig met 'n perseptuele agterstand? Nou ja. Ek
weet nie of arbeidsterapie sal help nie. Miskien kan mens jou beroep op haar
rede, maar dit sal ek verderaan aanspreek.
> Vertel vir ons
> wat jy gedoen het (nie gedink het
> nie) om vir die owerheid te laat
> weet dat jy nie hou van wat aan-
> gaan nie. Praat uitsluitlik oor
> jouself en jou dade. Moenie alles
> omdraai en ander voor die hof
> van jou skerp tong laat verskyn
> nie. Dis 'n tipiese apartheids-
> vark tegniek. Ek vra jou nou
> om vir ons eerlik te vertel
> waarom ons ons persepsies van
> jou moet verander.
Jy sien, Gloudina - nou maak jy my verantwoordelik vir jou persepsies. Jy
skep 'n kategorie van die bose, "apartheidsvark", en plaas my in daardie
hokkie. En dan dink jy waaragtig ek sal op aandag spring en my daarteen
verdedig?
En dit terwyl jy konsekwent weier om te antwoord op die vraag: "Wat, volgens
jou oordeel, beteken die woord 'apartheid'"?
Jy moet seker bietjie getik wees, ou ding!
Wat my meer interesseer is jou gebrekkige insig in wat jy besig is om te
doen:
In die afgelope maand het jy my enersyds beoordeel as "nie 'n apartheidsvark
nie" en vervolgens as "'n apartheidsvark".
Die benaming "apartheidsvark" het duidelik nie 'n biologiese verwysing nie,
maar 'n morele een. Die "persepsies" waarvoor jy my die verantwoordelikheid
wil laat neem is dus persepsies in die etiese sfeer.
Nou is dit so dat die etiese ontwikkeling van mense 'n bepaalde patroon
volg, wat goed in die literatuur beskryf is. Die wyse waarop mense dinge
aanwys as "goed" of "kwaad" verander soos hulle groot word. 'n Belangrike
oorgang is hier by ses jaar oud rond: voor dit sal kinders oordeel dat
iemand wat 'n bottel ink per ongeluk laat omval meer "stout" is as een wat
doelbewus 'n klein inkklad in 'n boek maak. Daarna ontwikkel hulle 'n
benadering wat relatief is tot die bedoeling van die individu.
Met verdere ontwikkeling word die "raster" waarvolgens mense oordeel nog
meer kompleks - 'n bepaalde handeling kan goed wees onder bepaalde
omstandighede, kwaad onder ander omstandighede, elkeen met 'n wye reeks
uitsonderings. By mense met 'n hoogontwikkelde etiese sin (byvoorbeeld
regters - hopelik) is hierdie "sintuig" baie verfynd, met baie lae van
kompleksiteit en subtiliteit. Hulle kan, om dit so te stel, in volkleur en
met hoë resolusie na 'n etiese vraagstuk kyk - 'n bepaalde handeling in 'n
bepaalde konteks in al sy konsekwensies beoordeel.
Die teenoorgestelde kan mens so illustreer: Neem 'n paspportfoto van jou
kind en een van 'n vreemdeling. Vra iemand om dit in te skandeer. Nou is dit
in "bitmap"-formaat - 'n fyn rooster van vierkantige blokkies wat elkeen net
een skakering het. Laat dit uitdruk in die formaat van A4 (of "letter size",
in jou wêreld). Probeer dat onderskei tussen die foto van jou kind en die
een van die vreemdeling. Jy sal sien elke "foto" is net 'n vlak vol
verwarrende blokke.
Dit is die situatsie by mense by wie die etiese ontwikkeling op 'n vroeë
stadium verstar het - hulle is geweldig afhanklik van stereotipering om hul
etiese oordele te fel. Dit beteken dat hulle beskik oor 'n klein aantal
groot kategorieë van "goed" en "kwaad" en hulle voel ongemaklik met
situasies wat
nie so maklik in een van hul hokkies inpas nie. 'n Algemene kenmerk van
sulke mense is, gevolglik, dat hulle 'n lae toleransievlak het vir
teenstrydighede. Hulle sal maklik iemand wat hul eie vooropgesette hokkies
transendeer beskou as "glibberig" - 'n eienskap waarvan jy my beskuldig het,
onthou?
Hulle neig ook om te sukkel om te onderskei tussen 'n individu en sy
handelinge - hulle neig dus om mense te kategoriseer volgens prominente
eienskappe wat die beste pas by een van hul voorafbepaalde kategorieë. Indien
iemand eienskappe besit wat hulle ook in ander kategorieë mag plaas, sal
hulle maklik daardie "teenstrydige" eienskappe ignoreer - of nie eens
waarneem nie. In die afgelope agtien maande het ek meer as duisend
boodskappe op die nuusgroep geplaas. Ten einde te besluit, soos jy 'n ruk
gelede gedoen het, dat ek nie 'n "apartheidsvark" is nie, moes jy sommiges
van hulle ignoreer (die wat jy met "apartheid" assosieer - 'n begrip wat jy
nie wil omskryf nie). Ten einde te besluit dat ek 'n "apartheidsvark" is,
moes jy 'n ander versameling ignoreer (die wat jy nie met "apartheid"
assosieer nie). Want jou skema van etiese klassifikase is nie gesofistikeerd
genoeg om toe te laat vir die idee van unieke
individue, wat sommige dinge doen waarvan jy hou en sommige dinge waarvan jy
nie hou nie.
Dit is waarom jy mense met 'n onderontwikkelde morele sintuig dikwels op die
ekstreme van die sosiale spektrum kry. Jy kry die aanhangers van uiters
konwerwatiewe en fundementalsitiese benaderings aan die een kant, en die
oënskynlik "liberales" aan die teenoorgestelde kant. Maar albei is afhanklik
van redelik eenvoudige stelletjies voorskrifte om te oordeel tussen "goed"
en "kwaad". En albei van hulle is ewe onverdraagsaam. Dit is waarom Japie
Basson kon verklaar, nadat die Progge hom uitgeskop het: "There is nothing
as intolerant as the professed liberal". Dit is wat Jill Wentzel aantoon in
haar boek "The liberal slidaway" - dat die sg "liberales" nie in staat was
om misdrywe deur "onderdruktes" te veroordeel nie, terwyl hulle dieselfde
misdrywe by die "onderdrukkers" met hand en tand beveg. Dit is wat Beyers
Naude erken het toe hy toegegee het dat hy nie wou weet van Winnie Mandela
se misdade nie.
Want in werklikheid is die twee ekstreme nie teenpole nie - hulle sit langs
mekaar op die omtrek van 'n sirkel. Jy sal ook onthou dat ek al dikwels
opgemerk het hoeveel
ooreenkomste daar is tussen jou standpunte en die van die verregses. Dit was
ook opmerklik hoe Sizwe vir Frikkie Potgieter met goekeuring kon aanhaal oor
PW - nie een van die twee eintlik besorgd oor "waarheid" nie.
Dit is waarom jy so 'n sucker is vir die hekstegniek, Gloudina! Jy plak 'n
sticker op iemand wat sê "approved" of "rejected" en wee die een wat
"reject" word.
Want wat jy blykbaar nie insien nie, is dat al die kategorieë en
stereotiepes wat jy uitdeel nie eienskappe is van die mense wat jy
veroordeel nie - dit is kategorieë van jou eie ontoereikende etiese skema,
wat jy afdwing op die
mense wat jy kategoriseer.
Die interessante is dit: Volgens my oordeel is die kern van alle vorme van
"apartheid" of "afsonderlike ontwikkeling" juis dat dit aan mense 'n
voorafbepaalde identiteit opdwing - en vereis dat hulle dit internaliseer en
daarvolgens lewe.
Wanneer 'n "Sizwe" dus voor my kom staan en verklaar: "Jy is 'n
apartheidsvark" kan ek dit geredelik aanvaar - dis sy opinie. Maar wanneer
hy ook daarop aandring dat ek met hom moet saamstem, is daar in wese weinig
verskil tussen "Sizwe" en 'n Eugene de Kock.
Maar dit is presies wat jy doen, as jy eis dat ek moet demonstreer dat ek
_nie_ val in die kategorie wat jy aan my toegeken het nie. Dit is, soos ons
gesien het, ook wat Sizwe doen as hy eis dat ek "erken" dat ek pas in die
kategorie wat hy aan my toegeken het.
Jy sien, Gloudina: hier ontstaan nou 'n paradoks - die morele afstand tussen
jou en Sizwe en Eugene de Kock en Frikkie Potgieter is eintlik maar baie
klein.
Vergeleke by julle moet ou PW seker voorkom as 'n verblindende helder baken
van morele lig.
Dit is waarom ek my nie sal verdedig teen jou aanklag nie - want dan gee ek
geldigheid aan die kategorie wat jy geskep het.
En dit is waarom ek wil weet wat jy bedoel met "apartheid". Want ek vermoed
dat jy nog nie eintlik daaroor gedink het nie. Probeer bietjie om
"apartheid" noukeurig te omskryf. Dit mag jou help om jou perseptuele
agterstand in die morele domein in 'n mate te oorbrug.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14112 is 'n antwoord op boodskap #14051] |
Ma, 27 April 1998 00:00 |
SizweBanzi
Boodskappe: 44 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> "Leendert van Oostrum" skryf:
> Ai, Sizwe! Hier, soos Ferdie dit op 'n keer so treffend gestel het, hys jy
> jou op 'n marmervoetstuk van wetenskaplike onaantasbaarheid.
>
> Maar wat jy nie weet nie, is dat ek my lank onderhou het deur klippe te kap
> in 'n marmergroef op 'n Griekse eiland. Daar moes ek leer om die foutnate in
> marmer te eksploiteer.
Meer as 'n marmervoetstuk - die primere dryfveer vir die stelling oor die
"klassie in navorsingmetodologue" le gesetel in die behoefte om die ander
persoonlik, neerhalend, en smalend aan te val, veral wanneer sodanige aanval
gerig is op 'n area wat oenskynlik vir die ander belangrik is. Te oordeel aan
jou respons was dit 'n bullseye. Ek probeer egter diesulke smalende response
wissel (so ver as moontlik) met beredeneerde debattering - ek het ook 'n
beitel, leendert, waarmee ek marmer kan kap. Wanneer ek dan jou argument met
my blink, klinkende beitel toets, vind ek dat dit onder my vingers bars, so
skoon soos langs 'n voeg - so moet 'n beitel slaan wat beitel is, of hoe
(apologiee aan Van Wyk Louw).
> 1) 'n Terloopse, onbelangrike terminologiese sakie - kom ons ruim dit net
> eers uit die weg:
>
> Hier is nie sprake van 'n tesis ('n proposisie wat slegs deur logiese
> argumentering beslis kan word) nie. Wel van 'n hipotese ('n proposisie wat
> aan die hand van feite sowel as logiese argumentering getoets word).
In soverre jou respons die wisseling van idees op 'n meer abstrakte, selfs
akademiese, vlak plaas sal ek meer presiese en nougesette aandag spandeer aan
terminologie (anders as die vorige, meer informele, pos waar die fyn onderskeid
tussen tesis en hipotese, skripsie en verhandeling taamlik onbelangrik was en
die een geredelik as plaasvervanger vir die ander kon dien - ons het immers
altwee geweet wat daarmee bedoel word). Ek aanvaar dus jou terminologiese
onderskeid.
> Jou aanname, dat 'n (hipo-) tese aanvaar kan word totdat die teendeel bewys
> is, is geldig mits 'n belangrike voorwaarde nagekom word: die (hipo-) tese
> moet _vals_ bewys kan word. Soos die Oostenryks-Britse Sir KArl Popper al
> in 1934 aangetoon het (Logik der Forsschung - in Engels vertaal as The logic
> of scientific discovery), kan die stelling "Daar bestaan groen swane" nie
> vals bewys word nie. (Enigeen kan dus beweer dat daar groen swane bestaan,
> maar omdat dit nie vals bewys kan word nie, het dit geen wetenskaplike gesag
> nie.)
Jou argument (en Popper s'n) is slegs waar indien 'n mens 'n kwessie of
probleem vanuit daardie positivistiese paradigma benader. Daar bestaan egter
ook ander voetstukke vir ons standbeeld. Die erkenning, byvoorbeeld, dat die
sosiale en geesteswetenskappe ten beste as kwasi-wetenskappe kwalifiseer het
meegebring dat die positivistiese metode nie sonder meer en in alle gevalle
toepaslik is nie. (Aarde, selfs in kwantum fisika, 'n sogenaamde "harde"
wetenskap, word Popper bevraagteken in die ruimte tussen Heisenberg se
onvoorspelbare protone en Einstein se god wat nie dice gooi met die universe
nie). Post-strukturele en post-moderne navorsingsbeskouings betwyfel selfs die
hele idee van 'n objektiewe en bewysbare wetenskap. Sekere survey-navorsing
illustreer duidelik die beperkinge van die nul-hipotese en gebruik gerigte
hipoteses as vetrekpunt (hoe bedryf mens 'n landwye survey oor gevoelens jeens
die ANC, buvoorbeeld, aan die hand van nul-hipoteses?). Dit is dus moontlik,
en akademies aanvaarbaar, om navorsing uit te voer wat hipoteses met rigting as
vertrekpunt gebruik. Verder is dit ook moontlik, veral in diskoers-analise en
ander kwalitatiewe navorsing, om 'n navorsingsvraag, liewer as 'n hipotese, te
postuleer en te ondersoek. My stelling oor PW se uitsprake kan in enigeen van
die voorafgaande gegiet word. Dit is derhalwe verkeerd (en akademies
onverantwoordelik) om te impliseer (soos jy wel doen) dat jou protokol vir
hipotesestelling die enigste en ware wetenskaplike vertrekpunt iis in die soeke
vir 'n antwoord.
> Die wyse waarop jou (hipo-) tese geformuleer is, beteken dus dat dit
> nie toetsbaar nie, want dit kan nie vals bewys word nie
gegee my argument IS die stelling toetsbaar in vorme anders as die nulhipotese.
Is die toets geldig, betroubaar en/of veralgemeenbaar is natuurlik addisionele
kwessies wat die voorafgaande kwalifiseer, maar in beginsel IS die vorme almal
toetsbaar. Jou stelling hierbo is dus blatant onwaar OF spruit uit onkunde met
betrekking tot nuwer en meer resente benaderings tot navorsing.
> Nou soek ons die getuienis wat die teendeel van die nulhipotese bewys:
>
>
>>
In die res van jou pos skiet jy jou argument in die voet. Jy kontamineer die
wetenskaplike prosedure a la Popper met juridiese en wetlike voorbeelde; logika
a la die filosofiese tegniek; sosio-sielkundige motiverings van die navorser.
Hierdie areas is nie noodwending onderling vergelykbaar nie omrede hulle vanuit
verskillende basiese aannames opereer. En selfs al is daar ooreenstemming ten
opsigte van basiese aannames, verskil die prosedures waarmee data versamel,
interpreteer en begryp word gewoonlik as reel en nie uitsondering nie. Wanneer
jy dan byvoorbeeld die hipotese meet aan die hand van die "motiewe van die
getuies" pleks van die betroubaarheid van die getuienis (data), sny jy Popper
se ballas af en violate jy jou eie prosedure (in die woorde van my ouma: "A nee
a klonkie - leergoed is nie speelgoed").
> Nou ja, Sizwe, ek vertrou dat jy nou 'n paar basiese beginsels van die
> wetenskaplike metode onder die knie het wat jou dosent in
> navorsingsmetodologie klaarblyklik tevergeefs gepoog het om by jou tuis te
> bring.
Blyk dus dat ek tog geluister het - goed genoeg in hierdie geval om te sien dat
die keiser geen klere aanhet nie.
Sizwe "ek is tog swart" Banzi
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14113 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Ma, 27 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Jy kan nog nie onderskei tussen "verdediging" van "die apartheidsregime" en
>> pogings om te verseker dat die volle waarheid en alle perspektiewe op die
>> tafel kom nie, kan jy?
>>
>> Te lank warm gebroei in jou klein coterie van saamdenkende enersdenkendes,
>> nie waar nie?
>
> Wel ou Leendert, oor die maande het jy my
> aanhoudend as "pienk" beskryf en aanhoudend
> daarop gedui dat ek 'n "Kommunis" is sonder
> om nou eenkeer die woord te gebruik. Dit,
> my liewe Leendert, het jou deur jou eie hande
> gebrandmerk as iemand wat 'n "agenda" het.
Ja ek het 'n agenda. Om jou eensydige propaganda teen te werk.
>
>
>> Dit is anders met die "sizwes" in ons midde. Wat hy van my en myne dink is
>> inderdaad belangrik. Maar ek gaan hom nie help om 'n waarheidsgetroue
>> persepsie te kry deur ja en amen te sê op die wanbeelde wat hy koester nie.
>> Juis omdat dit belangrik is wat hy dink moet ek weier om dit te aanvaar
>> wanneer hy die verkeerde beeld aan die wand hang en verklaar :
>
>
> Wel, Leendert, ek stel voor dat jy na Sizwe
> luister. LUISTER NA HOM.
Waarna moet ek luister? Kwaadwillige lasterpraatjies oor ander mense? En dan
het hy nog die cheek om te dink die Boere moet dit vir soetkoek opvreet net
omdat dit (na bewering) in 'n boek staan?
Komaan, Gloudina! As hy iets het om te sê luister ek graag. Veel liewer as
na jou. Maar nie na sulke nonsens nie.
> Moet nou nie vir
> hom ook begin preek oor hoe hy moet dink
> en hoe hy moet voel nie.
Die een wat preek oor hoe ek moet voel en dink is ene Sizwe, onthou? Daaroor
het hy op die neus gekry.
Maar jou waarskuwings gaan net aan mense van 'n bepaalde rassegroep, nie
waar nie?
> Dan doen jy miskien
> iets goeds ook vir jouself. Miskien loop jy
> eendag met die pad af en jy voel skielik so
> lig soos 'n veer. En jy weet dat jy uiteindelik
> vergiffenis gekry het.
Ek slaap heel lekker, dankie, waar dit my gewete aangaan. Wanneer my slaap
versteur word, is dit oor die manewales van ons "demokratiese" regering.
Thabo Mbeki het glo vandag, sê eBeeld, weer dreiggeluide gemaak oor mense
wat so "arrogant" is om die staatshoof "hof toe te sleep". Sulke mense is
natuurlik ook mense "uit die ou bedeling" wat "transformasie wil saboteer"
vertel hy.
> En jy hou op om 'n wysneus
> te wees oor alles en nog wat. Tot dan sien, nie
> net ek nie maar baie ander jou as iemand wat iets
> probeer verdedig wat uit die bose was.
Ek weet. Want jy sien maar sleg, waar dit enige positiewe aspekte rakende
Afrikaners aangaan - soos ons weer onlangs herinner is, nie waar nie?
En regtigwaar, Gloudina. Jy klink net soos Thabo Mbeki. Ons ken die refrein
al. Almal wat nie deurentyd na hul asems snak van bewondering vir die ANC se
hoëlui nie is "dislojaal" - "verdedig die ou bedeling".
Hoe _jy_ my sien is dus heeltemal irrelevant.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14114 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Ma, 27 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
> Jy kan nog nie onderskei tussen "verdediging" van "die apartheidsregime" en
> pogings om te verseker dat die volle waarheid en alle perspektiewe op die
> tafel kom nie, kan jy?
>
> Te lank warm gebroei in jou klein coterie van saamdenkende enersdenkendes,
> nie waar nie?
Wel ou Leendert, oor die maande het jy my
aanhoudend as "pienk" beskryf en aanhoudend
daarop gedui dat ek 'n "Kommunis" is sonder
om nou eenkeer die woord te gebruik. Dit,
my liewe Leendert, het jou deur jou eie hande
gebrandmerk as iemand wat 'n "agenda" het.
> Dit is anders met die "sizwes" in ons midde. Wat hy van my en myne dink is
> inderdaad belangrik. Maar ek gaan hom nie help om 'n waarheidsgetroue
> persepsie te kry deur ja en amen te sê op die wanbeelde wat hy koester nie.
> Juis omdat dit belangrik is wat hy dink moet ek weier om dit te aanvaar
> wanneer hy die verkeerde beeld aan die wand hang en verklaar :
Wel, Leendert, ek stel voor dat jy na Sizwe
luister. LUISTER NA HOM. Moet nou nie vir
hom ook begin preek oor hoe hy moet dink
en hoe hy moet voel nie. Dan doen jy miskien
iets goeds ook vir jouself. Miskien loop jy
eendag met die pad af en jy voel skielik so
lig soos 'n veer. En jy weet dat jy uiteindelik
vergiffenis gekry het. En jy hou op om 'n wysneus
te wees oor alles en nog wat. Tot dan sien, nie
net ek nie maar baie ander jou as iemand wat iets
probeer verdedig wat uit die bose was.
Gloudina
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14115 is 'n antwoord op boodskap #14052] |
Ma, 27 April 1998 00:00 |
SizweBanzi
Boodskappe: 44 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> "Leendert van Oostrum" skryf:
> As jy dan so goed weet wat my "rol in die
> apartheidstaat" is, en dit self so goed artikuleer, wat bly daar vir my oor
> om te doen?
Vir jou om dit te se. En nie in die "say after me..." manier wat jy voorhou as
my verwagting nie. Vir so lank was daar gese ons weet wat goed is vir swartes,
hoe hulle dink, wat hulle wil he. Saamwerk in daardie terme was wel van die
"say after me..." verskeidenheid en het beslag gevind in gedwonge
groepsverskuiwings, tuislande, trek-arbeid, aandklokreel en wat nie nog als.
Nou, egter, vra ons as swart burgers bloot vir jou, mede wit landgenoot, vir 'n
introspektiewe eerlikheid, vir jou om te kyk na die maniere waarop die
apartheidsstaat jou bevoordeel het, hetsy in toegang tot opvoeding,
beroepsplasing en bevordering (onthou job reservation?), in ekonomiese status,
in die toegang tot eerste taal, media, literatuur, kultuur. Ons vra bloot vir
'n openhartige worsteling met stereotipe, met sameswerende stilte, vooroordeel,
onkunde, diskriminasie in die maniere waarop jy miskien jou huishulp, tuinier,
of die outjie wat koelte onder jou boom kom soek het, behandel het. In hierdie
proses kry jy 'n blik in ons ervaring. Dis al. Nie vergelding nie, maar
rekonsiliasie gebore uit insig as to hoe BEIDE van ons geraak is deur evil.
> Almal stem nie noodwendig saam dat hul wit
> velle 'n spesiale staat van sonde daarstel nie.
> Sommiges mag tot die gevolgtrekking gekom het dat dit nie moontlik is om ....
> Sommiges mag die standpunt huldig dat hul ....
Ag hou tog nou op skuil agter die gesiglose "almal" en "sommiges". Se tog dis
jy - eien jou rassisme.
> jy stel klaarblyklik meer daarin belang om jou
> persepsie te artikuleer as om myne te verneem.
As ek dit nie mis het nie vra Gloudina jou nou al hoe lank om jou rol te
artikuleer - ons wag nou nog. Behalwe vir 'n reaksionere poging on sensuur in
'n briefie te beveg (was dit Magersfontein?). In ieder geval dink ek daardie
daad was gebore uit die feit dat sensuur jou passie-perd is en onafhanklik is
van die verwantskap tussen Aparttheid en sensuur - anders sou jy seker ook jou
briefie skryf om die verbanning van boeke soos Kaffir Boy of Black beauty
(hemel) te protesteer.
> En nou dop jy om op jou rug en begin tjank en piepie:
>
>
> Nee. Inteendeel, soos 'n bedelaarsigeuner in die poorte van Hagia Sofia
> vertoon jy die wonde in die mins vleiende lig - maak jy daarvan 'n
> instrument van emosionele manipulasie wat die toeris geen alternatief laat
> as om aandagtig in sy beursie te tuur as hy die gesig nie kan verdra nie.
>
> Maar ek is nie 'n bleek toeris met 'n beurs gevul deur Danish Aid nie. Ek is
> een van die local
Allermins. Wat van emosionele realiteit. Om die deel van my apartheidswonde
as tjank en piepie af te maak is callous en ongevoelig. Hiervolgens is die
gevolge van slawerny, joodse konsentrasiekampe en die emosionele realiteite van
Rwanda tog ook maar net tjank en piepie ne. Die doel van hierdie emosionele
deel en realiteit (net soos met die waarheidskommissie) het dit altyd basies
ten doel gehad dat die storie jou beweeg om aandagtig in jouself te tuur,
liewer as in jou beursie. Jy het dit heeltemal agterstevoor.
>Jy sien, die
> psigologiese (en religieuse) funksie van vergiffenis trek net op die een wat
> vergewe
Pispraatjies. Psugologies is vergifnis uiteraard gesetel in interaksie. Daar
moet ten minste twee objekte betrokke wees, geeneen van wie onaangeraak bly
deur die vergifnisdaad of die gebrek daaraan nie. Self in die religeuse
vergifnis word daar nog altyd van jou gevra om eers iets te doen - te bely.
Weer eens wisseling tussen twee entiteite, geeneen wat deur die blote daad of
gebrek daaraan onveranderd gelaat word nie (hemel of hel, onthou).
Jou pos laat my bang en ongemaklik - hierdie laaste twee meer so as ander. Jy
is die persoon wat kwaad met 'n bowtie en versiersuiker opdis; die een wat
intellektuele geldigheid verleen aan apartheid of afsonderlike ontwikkelling en
Justus Tshungu rondkarwei as bewys daarvoor dat dit tog in almal se belang is;
die een wat wys na mense soos jakes gerwel of miriam makeba en se dat ALMAL bo
hul situasies kan uitstyg sodat slagoffers wesenlik maar net hulself te blameer
het en nie social policy nie; jy is die gemmiddelde "goeie landsburger" wat
nie sy eie rassisme wil ondersoek nie en in hierdie onwillige stilte sy eie
menslikheid en die van ander kruisig. Frikkie RSA-boy is 'n doos, ek is banger
vir mense soos jy.
Laastens - Jou groete, Leendert, net soos jou argumente, lui hol en vals.
Sizwe "nog altyd swart" Banzi
|
|
|
Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek [boodskap #14129 is 'n antwoord op boodskap #14026] |
Di, 28 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Ek weet. Want jy sien maar sleg, waar dit enige positiewe aspekte rakende
> Afrikaners aangaan
Leendert
Dis een van jou fabrikasies, net omdat
jy geen ander voet het om op te staan
nie. Ek vermoed dat baie van die mense
wat ek "aanval" Engels-sprekende
apartheidsvarke is. Ek val mense aan
wat tekens toon van die apartheids-
varkverrotting wat die geskiedenis van
SA in die laaste helfte van hierdie
eeu so 'n tragiese een gemaak het.
Ek val hulle aan omdat hulle my
erfenis as Afrikaner ('n goeie naam)
deur die modder gesleep het. Ek het
die reg om dit te doen.
Gloudina
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Ma Nov 18 04:21:51 MGT 2024
|