Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kierang
kierang [boodskap #134309] Wo, 28 Oktober 2020 15:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19225
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kierang
Afbreking: kie•rang


Werkwoord: kierang
Verlede tyd: het gekierang

Betekenis:
• Om speels skelm te wees; te bedrieg; fop; kul.

Gebruik:
• 'n Mens moenie tieners met eindelose preke verveel of hulle probeer kierang nie.
• Pasop, hy kierang aanhoudend. Ek is gekierang.

Vertaling:
Engels: to cheat, mislead, deceive, play false
Nederlands: misleiden


Selfstandige naamwoord: kierang
Meervoud: kierangs
Verkleinwoord: kierankie
Meervoud van verkleining: kierankies

Betekenis:
• 'n Skelmstreek; kullery; oneerlikheid (veral by speletjies).

Gebruik:
• Hy is te dom om die kierang raak te sien.

Spreekwoord:
• Jou kierang sal braai. [Die oneerlikheid sal vorendag kom.]

Wisselvorm:
• kurang (verouderd)

Vertaling:
Engels: cheating, deception
Nederlands: misleiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: karring
Volgende onderwerp: hekel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 10:42:28 MGT 2024