Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » karring
karring [boodskap #134308] Wo, 28 Oktober 2020 15:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19233
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klein en 'n groot karring.
'n Klein en 'n groot karring.
karring
Afbreking: kar•ring


Selfstandige naamwoord: karring
Meervoud: karrings
Verkleinwoord: karrinkie
Meervoud van verkleining: karrinkies

Betekenis:
• Toestel om botter uit melk of room te onttrek.

Gebruik:
• In die ou dae het mens 'n karring gebruik om botter te maak.

Afgelei:
• karringmelk
• karringproses
• karringtoestel
• karringvat

Vertaling:
Engels: churn
Nederlands: karn


Werkwoord: karring
Verlede tyd: het gekarring

Betekenis:
• 'n Vloeistof aanhoudend roer, klits of skud, soos wanneer botter van melk gemaak word.
• (figuurlik) Eindeloos aanhou met 'n ding; lol; neul; pla.

Gebruik:
• As jy melk karring, kom daar botter; as jy iemand op die neus slaan, kom daar bloed uit; as jy mense kwaad maak, kom daar rusie. [Spreuke 30:33]
• Dit is 'n kriminele misdryf om aan verkiesingsplakkate te karring.

Spreekwoord:
• Moenie so aan my karring nie. [Iemand aanhoudend lastig val.]

Vertaling:
Engels: to churn
Nederlands: karnen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inleiding
Volgende onderwerp: kierang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 16:01:34 MGT 2024