Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ooievaar
ooievaar [boodskap #134276] Ma, 26 Oktober 2020 12:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19228
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ooievaar.
'n Ooievaar.
ooievaar
Afbreking: ooi•e•vaar


Selfstandige naamwoord: ooievaar
Meervoud: ooievaars, ooievare
Verkleinwoord: ooievaartjie
Meervoud van verkleining: ooievaartjies

Betekenis:
• 'n Groot wit voël met swart vlerkrande en rooi pote, Ciconia ciconia.

Gebruik:
• In die somermaande kom ooievaars in groot getalle vanaf Europa in Suid-Afrika aan, en daar is selfs gevalle waar hulle in Suid-Afrika broei.

Spreekwoord:
• Een ooievaar maak nog nie 'n herfs nie. [Uit een enkele geval kan nie 'n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.]

Sinoniem:
• witsprinkaanvoël

Hiponiem:
• oopbekooievaar
• saalbekooievaar
• witooievaar
• wolnekooievaar

Afgelei:
• ooievaarstee

Vertaling:
Engels: stork
Nederlands: ooievaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meetkunde
Volgende onderwerp: moerkoffie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 14:31:09 MGT 2024