afbreek [boodskap #134106] |
Do, 15 Oktober 2020 15:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afbreek
Afbreking: af•breek
Werkwoord: breek af, afbreek
Verlede tyd: het afgebreek
Teenwoordige deelwoord: afbrekend
Betekenis:
• Iets aftakel deur dit in stukke te breek; sloop.
• Iets voortydig beëindig.
Gebruik:
• Ons gaan die ou hoenderhok afbreek en 'n groter een bou.
• Die totale afbreek van kommunikasie het op 'n protesoptog uitgeloop.
Antoniem:
• opbou
• oprig
Afgelei:
• afbreekproses
• afbreker
• afbreking
• afbrekery
Vertaling:
Engels: to break down, pull down, demolish; to interrupt, stop
Nederlands: afbreken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|