Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stang
stang [boodskap #133924] Sa, 03 Oktober 2020 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18977
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stang
Afbreking: stang


Selfstandige naamwoord: stang
Meervoud: stange
Verkleinwoord: stangetjie
Meervoud van verkleining: stangetjies

Betekenis:
• Die mondstuk aan die toom van 'n rydier; toomgebit.
• 'n Ronde staaf, meestal van metaal.

Gebruik:
• Sit die stang in die perd se bek.
• Die windpomp se stang het gebreek.

Spreekwoord:
• Iemand op stang jaag. [Iemand kwaad maak.]
• Iemand 'n stang in die bek sit. [Hom beteuel.]
• Iemand op die stang ry. [Iemand hardhandig behandel.]
• Die stang vasbyt. [Eiesinnig handel sonder om jou aan raad te steur.]

Vertaling:
Engels: bit (of a bridle); rod, bar
Nederlands: stang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontsier
Volgende onderwerp: mondering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:40:48 MGT 2024