Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katalisator
katalisator [boodskap #133826] Di, 29 September 2020 14:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18987
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Dis uitlaatkatalisator (of katalisator-omsetter) van 'n motor wat giftige uitlaatgasse beperk.
Dis uitlaatkatalisator (of katalisator-omsetter) van 'n motor wat giftige uitlaatgasse beperk.
katalisator
Afbreking: ka•ta•li•sa•tor
Uitspraak: /kɑtɑliˈsɑːtor/


Selfstandige naamwoord: katalisator
Meervoud: katalisators, katalisatore
Verkleinwoord: katalisatortjie
Meervoud van verkleining: katalisatortjies

Betekenis:
• 'n Stof wat 'n chemiese reaksie bespoedig of vertraag, sonder om self deur die reaksie verander of verbruik te word.

Gebruik:
• Een van die belangrikste eienskappe van platinum is dat dit 'n uiters doeltreffende katalisator is.
• Die Neanderdallers het mangaandioksied as katalisator gebruik om die ontstekingstemperatuur van hout te verlaag sodat hulle makliker vuur kon maak.

Sinoniem:
• kataliseermiddel

Verwant:
• katalise
• kataliseer

Vertaling:
Engels: catalyst, catalyser, catalyzer
Nederlands: katalysator

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: topverkoper
Volgende onderwerp: kanteel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:29:55 MGT 2024