Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kragbank
kragbank [boodskap #133823] Di, 29 September 2020 13:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wit kragbank word gebruik om 'n foon te laai.
'n Wit kragbank word gebruik om 'n foon te laai.
kragbank
Afbreking: krag•bank
Samestelling: krag + bank


Selfstandige naamwoord: kragbank
Meervoud: kragbanke
Verkleinwoord: kragbankie
Meervoud van verkleining: kragbankies

Betekenis:
• Draagbare battery om mobiele toestelle deur 'n USB-koppeling te laai.

Gebruik:
• Met die gereelde beurtkrag moet mens maar jou kragbank gelaai hou.

Sinoniem:
• batterybank
• batterypak

Vertaling:
Engels: power bank
Nederlands: powerbank

Nota:
• As mens 'n kragbank oopmaak sal jy sien dat dit uit 'n klomp herlaaibare batterye bestaan.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: podsend
Volgende onderwerp: motorhuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:41:02 MGT 2024