Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versuim
versuim [boodskap #133818] Di, 29 September 2020 11:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18987
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versuim
Afbreking: ver•suim


Werkwoord: versuim
Verlede tyd: het versuim

Betekenis:
• Nalaat om te doen wat 'n mens veronderstel was om te doen.

Gebruik:
• Sy is in hegtenis geneem omdat sy versuim het om 'n masker in die openbaar te dra.

Sinoniem:
• nalaat
• versaak

Afgelei:
• pligsversuim
• skoolversuim

Vertaling:
Engels: to neglect, overlook
Nederlands: verzuimen


Selfstandige naamwoord: versuim
Meervoud: versuim
Verkleinwoord: versuim
Meervoud van verkleining: versuim

Betekenis:
• Die handeling van nalaat om te doen.

Gebruik:
• Deur sy versuim om die ongeluk aan te meld, kon hy nie van sy versekering eis nie.

Vertaling:
Engels: omission, neglect
Nederlands: verzuim

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: siekehuis
Volgende onderwerp: saldo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:45:22 MGT 2024