Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitslag
uitslag [boodskap #133785] So, 27 September 2020 08:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18987
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitslag
Afbreking: uit•slag


Selfstandige naamwoord: uitslag
Meervoud: uitslae
Verkleinwoord: uitslaggie
Meervoud van verkleining: uitslaggies

Betekenis:
• Resultaat, punte of gevolg van gebeure (soos 'n toets of wedstryd).
• (medies) Rooierige kolletjies op die vel; sigbare siekteverskynsel van die huid.

Gebruik:
• Ná ekstra tyd word ander metodes gebruik om 'n uitslag af te dwing.
• Die eerste simptoom van waterpokkies is 'n uitslag van rooi kolletjies wat vinnig in knoppies en blasies verander.

Sinoniem:
• resultaat

Afgelei:
• veluitslag
• verkiesingsuitslag

Vertaling:
Engels: result, issue, event; eruption; mouldiness
Nederlands: uitslag


Werkwoord: slag uit, uitslag
Verlede tyd: het uitgeslag

Betekenis:
• Diep uitsny.
• Deur slag verwyder.

Gebruik:
• Die dokter het die abses uitgeslag.
• Die bees het goed uitgeslag.

Vertaling:
Engels: to cut, butcher
Nederlands: uitslag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stingel
Volgende onderwerp: g'n
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:28:36 MGT 2024