Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hiasint
hiasint [boodskap #133781] So, 27 September 2020 07:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Waterhiasinte
Waterhiasinte
hiasint
Afbreking: hi•a•sint


Selfstandige naamwoord: hiasint
Meervoud: hiasinte

Betekenis:
• 'n Bolgewas uit die genus Hyacinthus, soos Hyacinthus orientalis.
• 'n Waterplant wat soms handuit ruk en damme en besproeiingskemas bedreig, Eichornia crassipes.

Gebruik:
• Die gewone hiasint wat vir die blommemark gekweek word ontspring uit 'n meerjarige ronde bol waaruit daar vier tot sewe gelynde blare ontwikkel.
Hiasinte het op 'n stadium groot dele van die Hartbeespoortdam en die Vaaldam bedek.

Hiperoniem:
• bolgewas

Afgelei:
• hiasintblom
• hiasintbol
• hiasintkweker
• hiasintkwekery
• hiasintolie
• hiasintplant

Vertaling:
Engels: hyacinth
Nederlands: hyacint

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herroep
Volgende onderwerp: inbraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:12:56 MGT 2024