skoolmaat [boodskap #133620] |
Sa, 19 September 2020 11:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skoolmaat
Afbreking: skool•maat
Samestelling: skool + maat
Uitspraak: /ˈskʊə̯l.mɑːt/
Selfstandige naamwoord: skoolmaat
Meervoud: skoolmaats
Verkleinwoord: skoolmaatjie
Meervoud van verkleining: skoolmaatjies
Betekenis:
• Iemand in dieselfde skool, maar nie noodwendig 'n persoonlike vriend nie.
Gebruik:
• Ek en my skoolmaat het lekker kattekwaad aangevang en was gereeld in die moeilikheid.
• Ek het kontak met die meeste van my skoolmaats verloor, maar sien nog 'n paar tydens reünies.
Sinoniem:
• skoolvriend
Vertaling:
Engels: schoolmate
Nederlands: schoolmaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|