oase [boodskap #133596] |
Do, 17 September 2020 18:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oase
Afbreking: o•a•se
Selfstandige naamwoord: oase
Meervoud: oases
Verkleinwoord: oasetjie
Meervoud van verkleining: oasetjies
Betekenis:
• Plek in 'n woestyn waar water beskikbaar is en plante groei.
• (figuurlik) Plek waar mens lafenis vind.
Gebruik:
• Vir eeue lank het kameelkaravane sout van die een oase na die ander vervoer.
• Die vakansieoord is 'n oase in die bosveld.
Vertaling:
Engels: oasis
Nederlands: oase
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|