Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leisel
leisel [boodskap #133591] Do, 17 September 2020 12:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die leisels of teuels van 'n ryperd.
Die leisels of teuels van 'n ryperd.
leisel
Afbreking: lei•sel


Selfstandige naamwoord: leisel
Meervoud: leisels
Verkleinwoord: leiseltjie
Meervoud van verkleining: leiseltjies

Betekenis:
• Lang riem van 'n toom waarmee 'n rydier (soos 'n perd, muil of donkie) gestuur, aangejaag of ingehou word.
• (figuurlik) In beheer van sake wees; met die hef in die hand.

Gebruik:
• 'n Ruiter moet die leisels korrek vashou om die regte seine oor te dra sonder om die perd te verwar of ongemaklik te maak.
• Die jongspan moet voorberei word om eendag self die leisels oor te neem.

Sinoniem:
• leiriem
• stuurriem
• teuel
• toomriem

Afgelei:
• leiselhouer

Vertaling:
Engels: reins
Nederlands: leidsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hadron
Volgende onderwerp: e-handel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:51:35 MGT 2024