kielhaal [boodskap #133528] |
So, 13 September 2020 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kielhaal
Afbreking: kiel•haal
Werkwoord: kielhaal
Verlede tyd: het gekielhaal
Betekenis:
• Iemand straf deur hom oorboord te gooi en met 'n tou onder die kiel van 'n skip deur te trek.
Gebruik:
• Omdat die romp van 'n skip met mossels en skulpe bedek is, het die persoon wat gekielhaal is gewoonlik ernstige wonde opgedoen.
Afgelei:
• kielhaling
Vertaling:
Engels: to keelhaul
Nederlands: kielhalen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|