Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontladingswoord
ontladingswoord [boodskap #133507] So, 13 September 2020 07:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontladingswoord
Afbreking: ont•la•dings•woord
Samestelling: ontlading + -s- + woord
Uitspraak: /ontˈlɑːdəŋsvuə̯rt/


Selfstandige naamwoord: ontladingswoord
Meervoud: ontladingswoorde
Verkleinwoord: ontladingswoordjie
Meervoud van verkleining: ontladingswoordjies

Betekenis:
• 'n Uitroep wat emosies/gevoelens uitdruk.

Gebruik:
• So 'n ontladingswoord kan gebruik word om emosies soos verskrikking, opgewondenheid of jammerte te beskryf.

Sinoniem:
• interjeksie
• tussenwerpsel

Vertaling:
Engels: interjection
Nederlands: tussenwerpsel, interjectie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aartsengel
Volgende onderwerp: piesangrepubliek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 08:28:37 MGT 2024