aanhangsel [boodskap #133503] |
So, 13 September 2020 06:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhangsel
Afbreking: aan•hang•sel
Selfstandige naamwoord: aanhangsel
Meervoud: aanhangsels
Verkleinwoord: aanhangseltjie
Meervoud van verkleining: aanhangseltjies
Betekenis:
• 'n Ding wat aan iets groters of belangrikers hang.
• 'n Toevoegsel of aanhegsel, soos 'n dokument wat by 'n e-pos ingesluit word.
Gebruik:
• Die blindederm is 'n nuttelose aanhangsel wat verwyder kan word.
• Ek stuur sommer die dokument as aanhangsel saam met die e-pos.
Spreekwoord:
• Hy is 'n nuttelose aanhangsel op kantoor. [Hy voeg nie waarde toe nie; onbelangrike persoon.]
Afgelei:
• dermaanhangsel
Afkorting:
• aanh.
Verwant:
• addendum
• bylaag
Vertaling:
Engels: appendix; attachment, addendum, supplement
Nederlands: aanhangsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|