beloof [boodskap #133499] |
Sa, 12 September 2020 20:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beloof
Afbreking: be•loof
Werkwoord: beloof
Verlede tyd: het beloof
Betekenis:
• Iemand verseker dat jy iets sal doen, of nie sal doen nie.
Gebruik:
• Beloof jy dat jy haar nooit sal verlaat nie, dat jy haar in liefde sal lei en beskerm soos 'n godvresende man aan sy vrou verskuldig is?
Spreekwoord:
• Met hart en mond beloof. [Baie beslis beloof.]
• Iemand goue berge beloof. [Mooi beloftes maak.]
Wisselvorm:
• belowe
Verwant:
• belofte
• eed
• gelofte
• sweer
Vertaling:
Engels: to promise
Nederlands: beloven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|