Leksikograaf Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plantkunde
Afbreking: plant•kun•de
Samestelling: plant + kunde
Selfstandige naamwoord: plantkunde
Meervoud: –
Betekenis:
• Sytak van die biologie wat plante wetenskaplik bestudeer.
Gebruik:
• In plantkunde bestudeer wetenskaplikes onder andere die morfologie, histologie, anatomie, sitologie, fisiologie en die sistematiek van plante.
Sinoniem:
• botanie
• fitologie
Verwant:
• plantkundig
• plantkundige
Afkorting:
• plantk.
Vertaling:
Engels: botany
Nederlands: plantkunde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.