Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kennis op voetsoolvlak
Kennis op voetsoolvlak [boodskap #13749] |
Do, 02 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nico wrote in message ...
>
> | >Moenie my verkeerd verstaan nie - ek is baie ernstig as ek sê ek sal
> graag
> | >wil sien dat "misbruikte gemeenskappe" regoor die wereld meer op hulle
> eie
> | >regte moet staan.
> |
> | Goed.
> |
> | Maar doen jy iets daaromtrent? Die Skrif maan ons per slot van rekening
> om
> | te "bid en werk". Gebed, hoe vroom ookal, is nie voldoende nie.
>
> Gee asb weer vir my 'n paar voorbeelde.
>
> Al die res wat jy sê is baie mooi en ek kan nie baie fout vind nie.
> Ek dink net egter daar is iets nie reg aan 'n ewigdurende bekhand hou van
> een bevolkkingsgroep teenoor 'n ander nie - is dit nie juis dit wat die
> swartman in Sa se menswaardigheid ondermyn nie? Sal hy nie homself eers op
> gelyke voet met sy blanke landgenote kan stel as hy moue oprol en werk en
> ophou bakhand staan nie.
> Ek weet hierdie is "sweeping statements", maar ek dink die doelbewuste
> veralgemening is waar.
Kom ek gee 'n voorbeeld:
Op Vryburg bring 'n halfdosyn opstandige swart leerlinge die hoërskool tot
stilstand. In die proses word die swart woongebied amper afgebrand, en koeëls
vlieg. Die hele land is in rep en roer daaroor, en Mandela is maar die
soveelste politikus en "kundige" wat die plek besoek om die ding nog meer
prominent te maak. Die wittes in die skool is "rassiste" en die swart
leerlinge is "ongedissiplineerd".
Swartes maak ongeveer 25% van die leerlinge uit. Daar is nie een swart
verteenwoordiger op die bestuursraad nie, ten spyte daarvan dat die wart
ouers en leerlinge se getalle voldoende is om te verseker dat hulle
verteenwoordig word - as hulle sou deelneem aan die verkiesing van die
bestuursraad.
Maar "swart ouers is nie betrokke by die onderwys van hul kinders nie". Die
minister van onderwys sê self so, en die swart ouers wat ek ken sê dit ook.
Swart leerlinge in Vryburg het geweier dat die owerheid met hul ouers
praat - "ons ouers is onopgevoed", het hulle gesê. "Ons sal vir onsself
praat".
Dit is 'n wesenlike probleem - die tempo van verandering in die swart
gemeenskappe is so vinnig dat die generasiegaping besonder groot is. Dit
ontmagtig die ouers wat self miskien net 'n paar jaar op skool was - dikwels
nie lank genoeg om volhoubare geletterdheid te vestig nie. (Maar dis
nonsens, wat gevoed word deur politieke maghebbers, burokrate en
onderwyservakbonde. Ongeletterde mense is selde oningelig, maar hulle word
vreeslik maklik ge-intimideer. Mense wat halfgeskool is leer teen 'n veel
vinniger tempo as hul kinders - mits hulle betrek word by die onderwys van
die kinders. Kinders se prestasie op skool hou direk verband met die mate
waartoe die ouers by hul leerwerk betrokke is, ongeag die skoolvlak wat die
ouers self bereik het.)
Maar dis nie al nie. 'n Swart ouer wat ek ken ('n Christen) stel dit so:
Vroeër jare moes swart ouers hul kinders vir die sendelinge gee om gekersten
te word as hulle wou hê die kinders moet leer. Later moes hulle hulle vir
Bantu Education gee. Nou moet hulle hulle vir die ANC gee. Hulle is gewoond
daaraan.
'n Kollega van my wys daarop dat ouers wat hul kinders na inisiasieskole
stuur aanvaar dat "die ou mans" die kinders daar sal leer - hulle mag nie
eens weet wat die kinders daar leer nie. As die kind in die proses sou
sterf, aanvaar ouers dit gelate - dit is die noodlot.
Luthuli wys daarop dat kinders in tradisionele gemeenskappe eintlik maar
deur die gemeenskap opgevoed word - enige volwassene in die dorp het net
soveel reg as 'n ouer om 'n kind te tugtig of tereg te wys.
Dit is algemeen bekend dat baie konservatiewe swart ouers in die stede hul
kinders van skoolgaande ouderdom terugstuur na die stamgebiede om deur die
grootouers grootgegemaak te word - 'n tendens wat in die skole-onrus van die
tagtigerjare toegeneem het.
Beteken dit dat swart ouers nie betrokke is by die onderwys van hul kinders
nie? Ja. Maar wit ouers verskil nie veel nie. In die stadsgebied waar ek
woon kon 8 uit 10 Afrikaanse skole verlede jaar nie 'n kworum kry om 'n
bestuursraad te verkies nie.
Afrikaanse ouers, wat in die vorige eeu van die mees onafhanklike mense was,
is in hierdie eeu ontmagtig tot omtrent dieselfde vlak as swart ouers.
Eers die Tweede Vryheidsoorlog, met die Minlerbeleid van Engelse onderwys
daarna - net enkele ouers was in staat om die CNO-skole te ondersteun.
Toe die depressie, verstedeliking en die armblankevraagstuk. Veral die
kerke, maar ook die onderwysdepartemente het oorgeneem en uiters outokraties
te werk gegaan met kurrikulum, onderwysmetodes, ens - alles met die beste
bedoelings ter wêreld, maar sonder enige ruimte vir teenstand. Vra maar vir
Gloudina hoe outokraties "die Kerk" sy hulpprogramme bestuur het.
Toe "Christelik-Nasionale Onderwys". Die kind moes "deur die Volk gevorm
word". Dit het beteken "kundiges" wat alle besluite oor die onderwys moes
neem. Teen die negentigs kom Piet Marais soos 'n middeleeuse monnik wat
aflaatbriewe verkoop met sy Model C-skole, waar ouers "inspraak" in die
onderwys van hul kinders kon koop! Maar as jy kyk na wat hulle daarvoor
gekry het was dit die reg om gratis arbeid te verskaf vir projekte by die
skool, geld in te samel vir die skool - en miskien om die kleur van die
servette te kies vir die matriekafskeid. Oor die inhoud wat kinders leer en
die metodes waarvolgens hulle leer sou ouers geen sê hê nie - dit was "die
professionele domein" van die onderwyser. Die onderwyser, op sy beurt, was
'n staatsamptenaar wat moes doen soos die department vir hom sê - soos Piet
Marais ook eenkeer beklemtoon het. Dit is die model wat die ANC oorgeneem
het. Hulle minister verklaar trots "alle skole is nou Model C-skole"!
Die enigste gemeenskap waar ouers deur die jare privaatskole in beduidende
getalle onderhou het was die Engelse. Hulle vorm ook die meerderheid van die
ouers wat tans hul kinders tuis onderrig.
Swart en Afrikaanse ouers is min of meer doelbewus ontmagtig sodat die
"staat" (of die stam) beheer kan hê oor die volgende geslag. die paradigma
was nog altyd die paradigma van Loyola: "Gee my 'n kind as hy jonk is". Die
idee dat mens die ouer geslag maar moet "afskryf" en jou hoop vestig op die
kinders wat jy na jou hand kan grootmaak. Die _kinders_ sal hopelik
waardering hê vir jou "kennis uit amerika". Maar al wat gebeur is dat jy die
een geslag na die ander afskryf. En elke geslag is meer ontredderd as die
vorige.
Daar is baie mense wat beweer dat die belhamels onder die swart leerlinge in
Vryheid gemanipuleer word deur politici om die politieke doelwitte van die
politici te bereik. Die nuwe premier van Gauteng het, in sy premiersrede in
Februarie teenoor die opposisiepartye gedreig "ek sal julle kinders van
julle vervreem".
Nou kan mens in Afrikapessimisme jou hande saamslaan en weën. Of jy kan jou
hande uit jou moue steek en ouers begin mobiliseer om hul selfbeeld terug te
eis van die magtiges, die kundiges en die kinders wat hulle daarvan beroof
het.
Slegs as dit gebeur sal gesinne en gemeenskappe daarin slaag om ook die
verandering van hul omgewing te begin bestuur in plaas daarvan om willoos
aan die neus gelei te word en te wag vir die volgende Clinton wat aalmoese
uitdeel.
En jy moet sien hoe gou ouers begin charge vat as jy vir hulle verduidelik
dat 'n kind tot en met sy sesde lewensjaar meer leer as in die res van sy
lewe saam - en dit onder die beheer van sy "onbevoegde" ouers. Dit is
"kennis uit Amerika". Maar as jy hulle deur 'n proses vat met hierdie
kennis, en dit koppel aan hul eie ervaring, moet jy sien hoe vinnig hulle
die waarheid daarvan insien.
Maar dit vereis betrokkenheid. "Bid en hoop" is nie genoeg nie.
|
|
|
Re: Kennis op voetsoolvlak [boodskap #13772 is 'n antwoord op boodskap #13749] |
Vr, 03 April 1998 00:00 |
Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27 Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" wrote:
> Tussen hakies - vir die uitgewekenes wat so spog oor hoe dikwels hulle
> Afrikaans praat tuis en op straat : Daar is deesdae verskeie
> tuisonderwysprogramme in Afrikaans beskikbaar. Een verskaffer verwag om
> binnekort meer as veertienduisend skoollesse in Afrikaans op die Web te
> plaas - vir gebruik teen betaling, natuurlik.
"Uitgewekenes' kan dus voortgaan om hulle taal te bestudeer, en is dus
gladnie plekgebonde nie, Wonderlik..........................!
Willemien
|
|
|
Re: Kennis op voetsoolvlak [boodskap #13773 is 'n antwoord op boodskap #13749] |
Vr, 03 April 1998 00:00 |
Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27 Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"griet" wrote:
> Die meting van 'n kind se vermoëns het, na my mening dus heelwat te doen
> met moedertaal onderrig.
Sommige studies deur Skutnabb-Kangus en Toukomaa (1979) toon sterk dat
kinders die' Piagetian konkrete operasionele vlak' moet bereik voordat
hulle 'n tweede taal aanleer. Die vlak word bereik tussen die ouderdom
van 7 en 11 jaar. Kinders kan dan meer logies dink en raak ook meer
bewus van andere se opinies. Dit is dus belangrik dat kinders die
konkrete operasionele vlak in die moedertaal moet bereik, anders word
hulle semi-taalvaardig, hulle mag sukkel om in twee tale te
funsioneer.
Ander interessante studies deur Fantini en Bates (1985-1988) het weer
getoon dat kinders gelyktydig twee tale kan aanleer sonder dat dit
hulle vermoens enigsins beinvloed. Volgens hulle studies lyk dit of
kinders van die middel-klas socio-ekonomiese groep baie suksesvol is
met die aanleer van 'n tweede taal.
Volgens die nuutse studies lyk dit dan of kinders na die ouderdom van
8 en 10 jaar en volwassenes die maklikste 'n tweede taal aanleer.
Kleuters is egter beter om die aksent van die tweede taal vinniger te
bemeester. Taalkundiges verskil egter nog baie oor die kwessie van
ouderdom en die aanleer van 'n tweede-taal.
Willemien
|
|
|
Re: Kennis op voetsoolvlak [boodskap #13774 is 'n antwoord op boodskap #13749] |
Vr, 03 April 1998 00:00 |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Leendert,
Wat 'n verfrissing om 'n intelligente persoon 'n gebalansseerde bespreking
oor 'n
boeiende onderwerp te kan sien doen! Ha, ha. Wat 'n vergrype van die
Afrikaanse taal pleeg ek nie nou hier nie.
Prof. Omotosogaan van dieselfde stanpunt uit as jy, in sy boek:" Seasons of
Migrations to the South".
Dit maak natuurlik eventueel die opstel van internasionale vraestelle
effens problematies met die verkeidenheid tale wat geakkommodeer moet word.
Tog is dit oor-en-oor bewys dat kinders beter presteer in 'n vraestel in
die moeder taal, en dat begrip vir die werk somtyds verlore gaan in die
worsteling met 'n vraestel in 'n ander taal. Dit geld veral in Wiskunde. My
dogter het in st.1, (op aanbeveling van die skoolhoof en onderwysers) die
st.4 Wiskunde-olimpiade geskryf en derde in die land geeindig. In st.4
skryf sy weer die Olimpiade in Engels, en haal nie naastenby die paal nie.
Die meting van 'n kind se vermoëns het, na my mening dus heelwat te doen
met moedertaal onderrig. Ons twee ( jy in jou hoogsgeskoolde akademiese
beroep, en ek op minder goedgeskoolde grondvlak) vorm 'n pakt oor
opleiding. Jou insette word waardeer.
|
|
|
Re: Kennis op voetsoolvlak [boodskap #13781 is 'n antwoord op boodskap #13749] |
Sa, 04 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
griet wrote in message ...
> Prof. Omotosogaan van dieselfde stanpunt uit as jy, in sy boek:" Seasons of
> Migrations to the South".
Ja wel, my standpunte oor moedertaalonderrig is geensins oorspronklik nie
:-)
Maar dankie vir die komplimente. Onverdiende komplimente laat mens nog
lekkerder voel as die ander soort :-)
>
> Dit maak natuurlik eventueel die opstel van internasionale vraestelle
> effens problematies met die verkeidenheid tale wat geakkommodeer moet word.
Ek weet. Maar, soos jy hieronder getuig, is die resultate van internasional
vraestelle wat net in een taal afgeneem word, in elk geval ongeldig - dit
meet nie net die vermoë van die toetsling in die betrokke veld (hier
Wiskunde) nie, maat die resultaat word gekontamineer deur die toetsling se
vermoë in die "internasionale taal" waarin die toets afgeneem word.
Dis een rede waarom konservatiewe Amerikaners gekant is teen onderwys in
ander tale as Engels vir kinders in die VSA - dit laat hulle toe om nonsens
soos die Bell Curve te glo.
Dis ook 'n rede waarom Afrikaanse onderwys in SA onder voortdurende druk
staan - die regering wil Afrikaanse kinders kniehalter op dieselfde wyse as
wat hulle (die regering) kies om swart kinders te kniehalter (ja ek weet -
hulle maak die mooiste geluide oor "moedertaalonderwys = moedersmelk" maar
hulle maak net sulke mooi geluide oor "deeemokrisseee" en "joeeemin
raaaits").
> Tog is dit oor-en-oor bewys dat kinders beter presteer in 'n vraestel in
> die moeder taal, en dat begrip vir die werk somtyds verlore gaan in die
> worsteling met 'n vraestel in 'n ander taal. Dit geld veral in Wiskunde. My
> dogter het in st.1, (op aanbeveling van die skoolhoof en onderwysers) die
> st.4 Wiskunde-olimpiade geskryf en derde in die land geeindig. In st.4
> skryf sy weer die Olimpiade in Engels, en haal nie naastenby die paal nie.
Dit gaan nie net oor meting nie - dit gaan oor die onderrig self. Soos jy
uitwys, is dit veral in die veld van abstrakte konseputalisering (bv
Wiskunde, grammatika - enige vorm van logika) waar gebrek aan
moedertaalonderrig die grootste skade aanrig. Die ergste is dat hierdie
dinge selde op skoolvlak manifesteer - dit word eers regtig duidelik wanneer
die mense op universiteitsvlak kom, en nie meer soveel op memorisering kan
staatmaak nie.
Ina du Plessis by Tukkies het in die tagtigs haar doktorale navorsing gedoen
oor die onderrig van Wiskunde in Tswana aan Tswanaleerders in Mamelodi. Die
resultate bevestig jou waarneming 100%. Die sogenaamde "onvermoë" van swart
kinders om wiskunde te leer het verdwyn toe die Tswanas wiskunde leer in
Tswana. Maar jy sien, die onderwerp was nie toe polities korrek nie, en is
nie nou polities korrek nie. Die gevolg is dat haar bevindinge gou
doodgeswyg is.
Dit geld ook in die Afrikaanse gemeenskap. 20% van Afrikaanse kinders (in
Suid-Afrika) gaan, soos ek verneem, deesdae in Engels skool. In die groot
meerderheid van die gevalle, so blyk dit, is dit Afrikaanse ouers wat
politiek korrek wil wees, of wat, net soos soveel swart ouers, naief glo dat
hulle die kinders "'n beter kans gee" deur hulle in Engels te laat
skoolgaan.
Tussen hakies - vir die uitgewekenes wat so spog oor hoe dikwels hulle
Afrikaans praat tuis en op straat : Daar is deesdae verskeie
tuisonderwysprogramme in Afrikaans beskikbaar. Een verskaffer verwag om
binnekort meer as veertienduisend skoollesse in Afrikaans op die Web te
plaas - vir gebruik teen betaling, natuurlik.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Ma Nov 18 02:27:27 MGT 2024
|