Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gereedskap
gereedskap [boodskap #133454] Do, 10 September 2020 20:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gereedskap
Afbreking: ge•reed•skap


Selfstandige naamwoord: gereedskap
Meervoud: gereedskappe

Betekenis:
• 'n Hulpmiddel waarmee 'n mens (of 'n dier) 'n taak uitvoer wat daarsonder moeilik of selfs onmoontlik sou wees.

Gebruik:
• Hoewel sommige diere eenvoudige gereedskap gebruik, is dit slegs die mens wat gereedskap inspan om beter gereedskap te maak.

Sinoniem:
• instrument
• werktuig

Afgelei:
• houtgereedskap
• klipgereedskap
• landbougereedskap
• tuingereedskap

Hiponiem:
• boor
• hamer
• lees
• saag
• skroewedraaier
• vyl

Vertaling:
Engels: implements, tools
Nederlands: gereedschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fotografie
Volgende onderwerp: bibliomanie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 08:20:00 MGT 2024