uniek [boodskap #133451] |
Do, 10 September 2020 15:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uniek
Afbreking: u•niek
Byvoeglike naamwoord: uniek
Attributief: unieke
Partitief: unieks
Betekenis:
• Enige in sy soort; totaal anders as die res.
Gebruik:
• Ons Hemelse Vader het elke mens uniek en spesiaal gemaak.
Sinoniem:
• buitengewoon
• enig
• merkwaardig
• ongeëwenaar
• onvergelykbaar
• weergaloos
Afgelei:
• uniekheid
Vertaling:
Engels: unique, unparalleled
Nederlands: uniek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|