darwinvink [boodskap #133446] |
Do, 10 September 2020 10:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
darwinvink
Afbreking: dar•win•vink
Samestelling: Darwin + vink
Selfstandige naamwoord: darwinvink
Meervoud: darwinvinke
Verkleinwoord: darwinvinkie
Meervoud van verkleining: darwinvinkies
Betekenis:
• 'n Sangvoël van die familie Thraupidae, wat die eerste keer deur Charles Darwin op die Galápagos-eilande versamel is.
Gebruik:
• Die darwinvink is nie naby verwant aan ware vinke nie en word soms in die subfamilie Geospizinae of die tribus Geospizini geklassifiseer.
Sinoniem:
• galápagosvink
Vertaling:
Engels: Darwin's finch
Nederlands: darwinvink
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|