douvoordag [boodskap #133445] |
Do, 10 September 2020 10:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
douvoordag
Afbreking: dou•voor•dag
Samestelling: dou + voor + dag
Uitspraak: /ˈdəʊ̯fuə̯rˌdɑx/
Bywoord: douvoordag
Betekenis:
• Baie vroeg in die oggend; voor sonop.
Gebruik:
• Douvoordag op die Sondagoggend het die vroue na die graf toe gegaan met die aromatiese olie wat hulle voorberei het. [Lukas 24:1]
Sinoniem:
• vroegoggend
Vertaling:
Engels: before daybreak, crack of dawn
Nederlands: voor dag en dauw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|