skeer [boodskap #133436] |
Wo, 09 September 2020 19:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skeer
Afbreking: skeer
Werkwoord: skeer
Verlede tyd: het geskeer
Betekenis:
• Hare op die kop of vel kort afknip; tot op die vel afsny.
• Rakelings oor 'n oppervlak beweeg.
Gebruik:
• Die man skeer sy baard.
• Die skiboot skeer oor die water.
Spreekwoord:
• Hy skeer die gek met my. [Hou iemand vir die gek.]
• Oor dieselfde kam skeer. [Almal eenders behandel.]
Afgelei:
• skeerkwas
• skeerlem
• skeermes
• skeerseep
• skeertuig
• skaapskeer
Vertaling:
Engels: to shave, shear, cut, trim
Nederlands: scheren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|