geheimsinnig [boodskap #133419] |
Wo, 09 September 2020 11:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geheimsinnig
Afbreking: ge•heim•sin•nig
Byvoeglike naamwoord: geheimsinnig
Vergrotende trap: geheimsinniger
Oortreffende trap: geheimsinnigste
Attributief: geheimsinnige
Partitief: geheimsinnigs
Betekenis:
• Wat in die geheim gebeur; iets bonatuurliks of waaroor mens nie kennis beskik nie.
Gebruik:
• Die koerant het op 'n geheimsinnige wyse van die tafel af verdwyn.
Sinoniem:
• misterieus
• raaiselagtig
Antoniem:
• openhartig
Afgelei:
• geheimsinnigheid
Vertaling:
Engels: secretive, mysterious
Nederlands: geheimzinnig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|