Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wettig
wettig [boodskap #133413] Di, 08 September 2020 11:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wettig
Afbreking: wet•tig


Byvoeglike naamwoord: wettig
Vergrotende trap: wettiger
Oortreffende trap: wettigste
Attributief: wettige
Partitief: wettigs

Betekenis:
• Volgens die wet; legitiem.
• Geldig.

Gebruik:
• Is jy die wettige eienaar van hierdie vuurwapen?
• 'n Testament moet aan bepaalde vereistes voldoen om wettig te wees.

Antoniem:
• onwettig

Afgelei:
• wettigheid
• wettiging
• wettiglik

Vertaling:
Engels: legal, lawfully
Nederlands: wettig


Werkwoord: wettig
Verlede tyd: het gewettig

Betekenis:
• Wet maak.

Gebruik:
• Is hierdie wetsontwerp al gewettig?

Vertaling:
Engels: to legalize
Nederlands: wettigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sonkrag
Volgende onderwerp: sambok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 08:20:24 MGT 2024