doeblet [boodskap #133404] |
Di, 08 September 2020 08:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doeblet
Afbreking: doe•blet
Selfstandige naamwoord: doeblet
Meervoud: doeblette
Betekenis:
• 'n Paar van twee dinge wat eenders of soortgelyk is; 'n dubbele eksemplaar.
• (taalkunde) Twee of meer woorde van dieselfde taal met dieselfde etimologiese oorsprong; dubbelvorm; tweelingwoorde.
Gebruik:
• In die 13de en 14de eeu het mans soms twee hemde gedra, waar die tweede 'n doeblet genoem is.
• Lede van 'n doeblet is altyd kognate (van 'n gemeenskaplike oorsprong), soos twak en tabak, aartappel en ertappel, en teenpraat en teëpraat.
Vertaling:
Engels: doublet
Nederlands: doublet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|