Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boerewors
boerewors [boodskap #133399] Ma, 07 September 2020 18:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Boerewors en tjops op 'n braai.
Boerewors en tjops op 'n braai.
boerewors
Afbreking: boe•re•wors
Samestelling: boere + wors


Selfstandige naamwoord: boerewors
Meervoud: boereworse
Verkleinwoord: boereworsie
Meervoud van verkleining: boereworsies

Betekenis:
• Maalvleis wat saam met vet, kruie en sout in 'n derm gestop is.

Gebruik:
• Volgens wet moet boerewors moet 'n minimum van 70% vleis bevat, dus kan goedkoop "vullers" soos graan, brood, soja of water nie onbeperk bygevoeg word nie.

Wisselvorm:
• boerwors

Hiperoniem:
• wors

Vertaling:
Engels: boerewors
Xhosa: boerewors
Zoeloe: boerewors

Nota:
• Net soos die woord "braai", is die woord "boerewors" onveranderd in Engels en meeste Suider-Afrikaanse tale opgeneem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blinder
Volgende onderwerp: boogskiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 08:28:52 MGT 2024