Betekenis:
• Spaan waarmee 'n vaartuig (soos 'n roeiboot, kano, kajak of vlot) op water voortgedryf word.
Gebruik:
• 'n Roeispaan word van 'n roeiriem onderskei deurdat 'n roeiriem op die kant van die boot ondersteun word, terwyl 'n roeispaan geheel en al los van die boot hanteer word.