Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buikloop
buikloop [boodskap #133326] Sa, 05 September 2020 08:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
buikloop
Afbreking: buik•loop
Samestelling: buik + loop


Selfstandige naamwoord: buikloop
Meervoud: buiklope
Verkleinwoord: buiklopie
Meervoud van verkleining: buiklopies

Betekenis:
• Waterige ontlasting wat meebring dat die lyer kort-kort na die badkamer moet hardloop.

Gebruik:
• Anna Rodolphus is in Januarie 1660 in die Kaap aan buikloop oorlede, 'n week voordat sy met Gysbert Arensz van Bommel sou trou.

Sinoniem:
• appelkoossiekte
• diarree
• maagwerking
• skittery
• spuitpoep

Vertaling:
Engels: diarrhea
Nederlands: buikloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blomkelk
Volgende onderwerp: chemikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:09:18 MGT 2024