Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skatkis
skatkis [boodskap #133317] Vr, 04 September 2020 19:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18868
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skatkis.
'n Skatkis.
skatkis
Afbreking: skat•kis
Samestelling: skat + kis


Selfstandige naamwoord: skatkis
Meervoud: skatkisse
Verkleinwoord: skatkissie
Meervoud van verkleining: skatkissies

Betekenis:
• 'n Kis waarin 'n skat bewaar word.
• (politiek) Die geldmiddele van 'n staat; staatsfinansies; staatskas.
• (figuurlik) 'n Versameling waardevolle items.

Gebruik:
• Seerowers het na bewering 'n skatkis êrens op die eiland begrawe.
• Goud het die ZAR-regering se skatkis gevul en aan die persone aan die hoof van die bedryf ongekende rykdom besorg.
• Die Nuweveldberge in die Wes-Kaap is 'n skatkis van fossiele.

Hiponiem:
• kis

Afgelei:
• skatkisbewys
• skatkisbiljet
• skatkisnoot
• skatkisobligasie
• skatkisorder
• skatkiswissel

Vertaling:
Engels: treasure chest; treasury, exchequer
Nederlands: schatkist

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ratel
Volgende onderwerp: sulfied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:13:39 MGT 2024