Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ratel
ratel [boodskap #133316] Vr, 04 September 2020 16:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18867
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ratel.
'n Ratel.
'n Ratel.
'n Ratel.
ratel
Afbreking: ra•tel


Selfstandige naamwoord: ratel
Meervoud: ratels
Verkleinwoord: rateltjie
Meervoud van verkleining: rateltjies

Betekenis:
• Soogdier met kort bene en dik vel wat in Afrika en dele van Asië voorkom, Mellivora capensis.
• Musiekinstrument of speelding wat 'n lawaai maak as dit geskud of gedraai word.
• 'n Lawaai of geraas (wat aan klank van die musiekinstrument herinner).

Gebruik:
Ratels is karnivore, maar hulle het ook 'n voorliefde vir byekorwe.
• Die baba speel met 'n ratel.
• Gelukkig kon die werktuigkundige die ratel opgespoor en reggemaak.

Afgelei:
• ratelbek
• ratelkous
• ratelslang
• rateltaai

Vertaling:
Engels: honey badger, rattle
Nederlands: honingdas


Werkwoord: ratel
Verlede tyd: het geratel

Betekenis:
• Die geraas van voorwerpe wat teen mekaar klap.

Gebruik:
• Jou kar ratel vreeslik, miskien moet jy hom invat vir 'n diens.

Vertaling:
Engels: to rattle
Nederlands: ratelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blatjang
Volgende onderwerp: skatkis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:38:47 MGT 2024