opneem [boodskap #133299] |
Do, 03 September 2020 14:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opneem
Afbreking: op•neem
Samestelling: op + neem
Werkwoord: neem op, opneem
Verlede tyd: het opgeneem
Betekenis:
• In die hande neem; optel; opraap.
• Registreer; vaslê.
• 'n Blyplek gee; toelaat; inneem.
Gebruik:
• As dinge in die land verder versleg sal ons die wapen moet opneem.
• Hy wil 'n liedjie vir sy nuwe DVD opneem.
• Sy is in die hospitaal opgeneem.
Afgelei:
• heropneem
Vertaling:
Engels: to pick up; to take up, record; to admit, enlist
Nederlands: opnemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|