beledig [boodskap #133291] |
Do, 03 September 2020 08:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beledig
Afbreking: be•le•dig
Werkwoord: beledig
Verlede tyd: het beledig
Teenwoordige deelwoord: beledigende
Betekenis:
• Om 'n nare opmerking teenoor of oor 'n persoon te maak.
Gebruik:
• Mense wat graag ander beledig en daarvan hou om hulle af te kraak, is eintlik baie onseker van hulself.
Sinoniem:
• affronteer
• grief
• krenk
• slegsê
Verwant:
• belediger
• beledigend
• belediging
Vertaling:
Engels: to offend, insult, affront
Nederlands: beledigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|