spoedlokval [boodskap #133288] |
Wo, 02 September 2020 20:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spoedlokval
Afbreking: spoed•lok•val
Samestelling: spoed + lokval
Selfstandige naamwoord: spoedlokval
Meervoud: spoedlokvalle
Verkleinwoord: spoedlokvalletjie
Meervoud van verkleining: spoedlokvalletjies
Betekenis:
• Toestel waarmee verkeersbeamptes motors se spoed meet.
Gebruik:
• Die man is gestop nadat hy teen 200 km/h in 'n 120 km/h sone oor 'n spoedlokval gejaag het.
Vertaling:
Engels: speed trap
Nederlands: snelheidscontrole
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|