Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skild
skild [boodskap #133236] Sa, 29 Augustus 2020 18:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skot met 'n swaard en 'n skild.
'n Skot met 'n swaard en 'n skild.
skild
Afbreking: skild


Selfstandige naamwoord: skild
Meervoud: skilde
Verkleinwoord: skildjie
Meervoud van verkleining: skildjies

Betekenis:
• (militêr) Harde plaat wat mens teen die lyf hou om aanvalle af te weer (in die linkerhand gedra).
• (dierkunde) Harde dop; eksoskelet om die liggaam van sommige diere.
• 'n Heraldiese banier wat soos 'n skild lyk.
• Trofee wat soos 'n skild lyk.

Gebruik:
• Die krygers slaan met hulle spiese teen hul skilde om die vyand te intimideer.
• 'n Skilpad het 'n beenagtige skild op die rug (die karapaks), sowel as onder die maag (plastron).
• Gewoonlik bestaan 'n akademiese instelling se wapen uit slegs 'n skild en 'n slagspreuk.
• Die Suid-Afrikaanse span het die skild gewen.

Spreekwoord:
• Hy voer iets in die skild. [Hy het geheime planne.]

Afgelei:
• skilddak
• skilddraer

Vertaling:
Engels: shield, buckler; shell, carapace
Nederlands: schild

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rêrig
Volgende onderwerp: poema
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 06:58:53 MGT 2024