Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weerstand
weerstand [boodskap #133192] Do, 27 Augustus 2020 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weerstand
Afbreking: weer•stand
Uitspraak: /ˈvɪə̯r.stant/


Selfstandige naamwoord: weerstand
Meervoud: weerstande
Verkleinwoord: weerstandjie
Meervoud van verkleining: weerstandjies

Betekenis:
• 'n Reaksie wat poog om 'n bepaalde aksie teen te werk.
• Die teenstand of verset teen die deurlating van elektriese stroom, gemeet in ohm (Ω).
• Komponent op 'n stroombaan wat die vloei van elektrisiteit begeer; resistor.

Gebruik:
• Dit is belastingbetalers se plig om weerstand teen die betaling van onregverdige belasting te bied.
• 'n Goeie geleier soos silwer of koper het gewoonlik 'n uiters lae weerstand.
• Die weerstand het uitgebrand en moet derhalwe vervang word.

Sinoniem:
• opposisie
• teenstand
• verset

Antoniem:
• samewerking

Afgelei:
• weerstandsbeweging
• windweerstand
• wrywingsweerstand

Vertaling:
Engels: resistance, opposition
Nederlands: weerstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: taktiek
Volgende onderwerp: regmatig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:27:11 MGT 2024